BRek

Toelatingsvereistes

Die BRek-graad word hoog aangeslaan en word geag as van die mees gesogte voorgraadse opleiding as jy eendag 'n professionele rekenmeester wil word. As 'n geoktrooieerde rekenmeester kan jy maatskappye se finansiële state ouditeer, 'n werk wat statutêre beskerming geniet. 'Statutêre beskerming' beteken daar is 'n wet wat bepaal dat sekere maatskappye se boeke geouditeer moet word en dat net spesifieke professies dit mag doen. Jy sal ook vir heelwat ander beroepe in aanvraag wees, byvoorbeeld as finansiële bestuurder, bestuursrekenmeester of belastingkundige.

   Opleiding van geoktrooieerde rekenmeesters

Jy kan die internasionaal erkende, professionele, rekeningkundige kwalifikasie van geoktrooieerde rekenmeester (GR) behaal deur die eksamens van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) te slaag en deur verder te voldoen aan hul gestelde vereistes vir praktiese ervaring. Die leerplan van die SAIGR is daarop gerig om kandidate voor te berei in Finansiële Rekeningkunde, Ouditkunde, Belasting, Bestuursrekeningkunde en aanverwante dissiplines, sodat hulle as geoktrooieerde rekenmeesters in die privaat en openbare sektore kan funksioneer.

Ons BRek-graad geniet die erkenning van die SAIGR. Dit beteken dat as jy by die Universiteit Stellenbosch (US) die graad BRek en daarna die graad HonsBRek verwerf, jy kan inskryf vir die eerste deel van die professionele eksamen van die SAIGR.

Vir die leerplan van die BRek-program, kyk ons Jaarboek.