BCom (Bestuursrekeningkunde)

Toelatingsvereistes

Dié program help jou om eendag te kwalifiseer as 'n geoktrooieerde bestuursrekenmeester. Met hierdie kwalifikasie kan jy as 'n bestuursrekenmeester of as 'n finansiële bestuurder werk. As bestuursrekenmeester sal jy byvoorbeeld betrokke wees by kostestudies oor die ontwikkeling van nuwe produkte en deelneem aan besluite oor nuwe investeringsmoontlikhede.

   Opleiding van geoktrooieerde bestuursrekenmeesters

Die internasionaal erkende professionele rekeningkundige kwalifikasie van geoktrooieerde bestuursrekenmeester word behaal deur die eksamens van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), met die hoofkantoor in Londen, te slaag en voorts te voldoen aan hul gestelde norme vir praktiese ervaring. Die leerplan van CIMA lê nie net klem op die verwerwing van die finansiële vaardighede wat verwag sou word by 'n rekenmeester nie, maar ook op die vermoë om finansiële inligting te interpreteer en te gebruik ten einde 'n sleutelrol te speel in die bestuur van enige onderneming of organisasie.

Die graadprogram BCom (Bestuursrekeningkunde) soos deur hierdie Universiteit aangebied, geniet erkenning van CIMA. Indien jy hierdie kwalifikasie by die Universiteit Stellenbosch verwerf, kan jy met CIMA se goedkeuring vrygestel word van minstens sewe van CIMA se 15 eksamens.

Verwerf nou verder ook die HonsBCom (Bestuursrekeningkunde). Tans kry jy van minstens nege van CIMA se 15 eksamens vrystelling (na CIMA se goeddunke).

Kyk die leerplan in die Fakulteit se Jaarboek.