BCom (Finansiële Rekeningkunde)

Toelatingsvereistes

Hierdie program is gerig op studente wat die geoktrooieerde rekenmeesterskwalifikasie (GR) wil behaal, maar nie voorgraads vir BRek studeer het nie. By suksesvolle voltooiing van dié program kan jy 'n oorbruggingsjaar volg, waarna jy aansoek kan doen vir toelating tot die HonsBRek-program.

Daar is nog 'n opsie: direk nadat jy die graad BCom (Finansiële Rekeningkunde) behaal het, kan jy vir die program HonsBCom (Bestuursrekeningkunde) inskryf. Dié program is gerig op die kwalifikasie van geoktrooieerde bestuursrekenmeester (CIMA). Vir verdere inligting oor die opleiding van geoktrooieerde rekenmeesters en geoktrooieerde bestuursrekenmeesters, kyk onder BRek en BCom (Bestuursrekeningkunde) onderskeidelik.

   Die opleiding van geoktrooieerde gesertifiseerde rekenmeesters

Jy kan ook na afloop van die program BCom (Finansiële Rekeningkunde) by die Association of Chartered Certified Accountants (ACCA) inskryf vir 'n internasionale rekenmeesterskwalifikasie. Met registrasie by ACCA ontvang studente wat dié graad verwerf het, tans vrystelling van nege van ACCA se 14 vakke. Lees meer oor ACCA by www.accaglobal.com.

Vir die leerplan, kyk ons Jaarboek.