BCom (Aktuariële Wetenskap)

Toelatingsvereistes

Hierdie program is die eerste stap in die opleiding van aktuarisse. Aktuarisse kan beskryf word as onafhanklike vakkundiges wat finansiële risiko's en onvoorsiene gebeurlikhede kan ontleed en in 'n model weergee. Hulle kan die risiko's opweeg en die resultate in finansiële terme verduidelik. Hierdie werk het direk te doen met die bestuur van bates en laste (soos beleggings en lenings) en die gepaardgaande risiko's.

   Opleiding van aktuarisse

Om as aktuaris te kwalifiseer ("Fellow of the Actuarial Society of South Africa" (ASSA)) moet jy al 15 eksamens van die beroepsliggaam slaag en ook gepaste werksondervinding opdoen.

Die verwerwing van die grade BCom en HonsBCom in Aktuariële Wetenskap aan hierdie Universiteit kan lei tot vrystelling van verskeie van ASSA se eksterne eksamens. Om vrystelling vir 'n gegewe vak te verkry, moet jy 'n bevredigende punt in die ooreenstemmende universiteitsvak behaal. Hierdie programme berei jou ook deeglik voor vir van die ander eksterne eksamens waarvoor vrystelling nie beskikbaar is nie.

Die leerplan vir hierdie programme lê nie net klem op die aktuariële, statistiese en wiskundige vaardighede wat vir die aktuariële eksamens voorgeskryf is nie, maar ook op die vermoë om finansiële en ekonomiese data te interpreteer en te benut. Dit sal jou in staat stel om 'n sleutelrol te speel in die bestuur van enige onderneming of organisasie.

Raadpleeg die BCom (Aktuariële Wetenskap) se leerplan in die Fakulteit se Jaarboek.