BCom (Bedryfsielkunde)

Toelatingsvereistes

Hierdie program lei jou op vir 'n loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne in organisasies. Deur die BCom (Bedryfsielkunde) op te volg met 'n HonsBCom (Bedryfsielkunde) en die ses maande lange BPsig-ekwivalensieprogram, en dan 'n professionele raadseksamen suksesvol af te lê, kan jy statutêr registreer by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) as psigometris (in onafhanklike praktyk). Na voltooiing van die MCom (Bedryfsielkunde)-program, 'n 12 maande internskap en die aflegging van die professionele raadseksamen vir bedryfsielkundiges kan jy statutêr registreer by die HPCSA as Bedryfsielkundige.

   Opleiding van psigometriste

Vanaf 1 Januarie 2006 geld 'n nuwe opleidingsmodel waarvolgens 'n mens kwalifiseer vir registrasie as psigometris. Hiervoor moet jy eers vier jaar in sielkunde studeer deur die programme BCom (Bedryfsielkunde) en HonsBCom (Bedryfsielkunde) suksesvol te voltooi. Daarna moet jy 'n praktikum (in die geval van ? geakkrediteerde honneursgraad) of 'n BPsig-ekwivalensieprogram van ses maande doen, wat bestaan uit praktiese werk onder die supervisie van 'n geregistreerde sielkundige by 'n onderneming. Hierdie praktiese opleiding doen jy in psigometriese assessering. Na afloop van die praktiese werk, lê jy die professionele raadseksamen, opgestel deur die Psychometrics Committee of the Professional Board for Psychology, af. Jy moet dit met 'n gemiddelde prestasie van ten minste 70% slaag.

Raadpleeg die Jaarboek vir die program se leerplan.