Abstracts

ABSTRAKBOEK

Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien rondom aspekte van hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig asook voortgesette professionele ontwikkeling.

U kan dit oorweeg om u ervarings te kom deel ten opsigte van ‘n nuwe of innoverende aspek wat u in u onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het u ‘n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan u onderrig of u het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van u studente se assesserings. Het u navorsing gedoen oor u onderrig of assessering? Het u ‘n paar gedagtes wat u wil deel of miskien beplan u iets nuuts?

Kom en deel u passie, u nuus en u resultate met ons in ‘n aanbieding, as deel van ‘n paneel of deur middel van ‘n plakkaat sodat ons almal saam kan leer ten einde onderrig aan die US so goed moontlik te maak.

Kriteria vir abstrakte

  • Struktuur van abstrak: Agtergrond/rasionaal/doelwitte; metode/werk gedoen; gevolgtrekkings van bevindinge; implikasies (finale boodskappe, bv. wat die werk tot die studieveld byvoeg, hoe dit relevant/bruikbaar in ’n ander konteks sou kon wees of hoe dit addisionele areas vir verdere verkenning oopmaak)
  • Oorspronklikheid of betekenis van navorsing/innovasie
  • Belang en relevansie van navorsing/innovasie
  • Teoretiese raamwerk/skakels met soortgelyke werk
  • Lengte: Minimum 220 woorde en maksimum 250 woorde

Ons onderskei tussen “betekenis” en “belang” soos volg: onder “betekenis” verstaan ons “het ’n merkbare uitwerking” en onder “belang” “van hoë relevansie” of “opvallend”.

Onderwerpe vir abstrakte (merk asseblief die mees toepaslike onderwerp vir u abstrak op die indieningsvorm)

  • Academic literacies
  • Assessment and feedback
  • Community engagement/Service learning/Work-integrated learning
  • Curriculum design
  • Evaluation
  • Focus on first years
  • Graduate attributes
  • Innovative teaching
  • Interdisciplinary teaching
  • Mentoring and tutoring
  • Postgraduate teaching
  • Reflection
  • Student success factors
  • Technology in education
  • Other

Indien u hulp verlang met die skryf van ‘n abstrak sal personeel van die Sentrum vir Onderrig en Leer u met graagte bystaan. Kontak dr. Karin Cattell by (021) 808 3074 of kcattell@sun.ac.za.

Abstrakte sal deur die volgende paneel beoordeel word:

Beoordelaars:

  • Dr. Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur: Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, Universiteit Stellenbosch
  • Dr. Cecilia Jacobs, Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch
  • Dr. JP Bosman, Hoof: Sentrum vir Leertegnologieë, Universiteit Stellenbosch
  • Dr. Antoinette Smith-Tolken, Waarnemende hoof: Gemeenskapinteraksie, Universiteit Stellenbosch
  • Dr. Suzanne Ross, Koördineerder: Eenheid vir Afrikaans en Engels, Taalsentrum, Universiteit Stellenbosch
  • Prof. Julia Blitz, Medeprofessor, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch
  • Prof. Ingrid Rewitzky, Adjunk-dekaan Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch
  • Me. Sharifa Daniels, Hoof: Skryflaboratorium (Afrikaans), Taalsentrum, Universiteit Stellenbosch
  • Mnr. John Ruiters, Lektor: Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch

 

sotlfooter20151
As academic professionals, we value participation in scholarship, not because it is required or expected of us, but because it is a vital part of how we come to understand our world.
Jeffrey L. Buller, 2015. Change Leadership in Higher Education: A Practical Guide to Academic Transformation.