Klik hier vir die konferensie-abstrakte boek!
ALGEMENE INLIGTING
Die 2020 US AvOL virtuele konferensie bied aan akademici die geleentheid om te reflekteer en hul innoverende leer- en onderrigpraktyke in die huidige unieke omstandighede van aanlyn leer- en onderrig a.g.v COVID-19 te deel.
Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien oor die aspekte van onderrig en leer in hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig, asook voortgesette professionele ontwikkeling.
Jy wil dalk jou ervaring kom deel oor ’n nuwe of innoverende aspek wat jy in jou onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het jy ’n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan jou onderrig of jy het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van jou studente se assesserings. Het jy in samewerking met ander kollegas in jou departement, fakulteit, of selfs oor dissiplinêre grense heen ’n onderrigverwante aspek ondersoek? Het jy navorsing gedoen oor jou onderrig of assessering? Of dalk het jy nuwe idees wat jy graag wil deel en bespreek.
Kom deel jou passie, jou nuus en jou resultate met ons in ’n aanbieding, ’n paneelbespreking of as ’n plakkaat sodat ons almal saam kan leer om onderrig aan die US so goed moontlik te maak.
Jy kan ‘n abstrak indien in die navorsing, innovering of refleksie strome, of dalk selfs ‘n plakkaat. Sien besonderhede hieronder.
SKRYF VAN DIE ABSTRAK
Kyk gerus na Die navorsingsruimtemodel (Die navorsingsruimtemodel (CARS-model), wat stapsgewyse leiding vir navorsing in onderrig gee, en van hulp kan wees met die skryf van die abstrak. Die SOL-adviseur in jou fakulteit is ook beskikbaar vir ondersteuning met die skryf van jou abstrak.
Die abstrak moet ʼn minimum van 300 woorde en maksimum van 350 woorde wees. Die sperdatum vir die indiening van abstrakte is 30 September 2020.
STROME
- Assessering
- Akademiese geletterdhede
- Ko-kurrikulêr
- Opvoedkundige Leierskap
- Nood Aanlyn Onderrig
- Evaluering
- Terugvoer
- Fokus op eerstejaars
- Eienskappe van die gegradueerde
- Innoverende leer, onderrig en assessering
- Interdissiplinêre onderrig
- Mentorskap en tutorskap
- Meertaligheid
- Nagraadse onderrig
- Programvernuwing
- Refleksie
- Sosiale impak
- Sosiale geregtigheid in onderrig en leer
- Faktore vir studentesukses
- Studente-ondersteuning
- Tegnologie in onderrig
- Transformasie van die kurrikulum
KRITERIA VIR DIE ABSTRAK
NAVORSING |
INNOVERING |
REFLEKSIE |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanbevole leeswerk vir “Refleksie”:
Lys vir verdere leeswerk:
-
- Ashwin, P., D. Boud, K. Coate, F. Hallet, E. Keane, K. Krause, B. Leibowitz, I. Maclaren, J. McArthur, V. McCune and M. Tooher. 2015. Reflective teaching in higher education. London: Bloomsbury.
- Biesta G. 2019. How Have You Been? On Existential Reflection and Thoughtful Teaching. In: Webster R., Whelen J. (Eds.), Rethinking Reflection and Ethics for Teachers. Singapore: Springer.
- Dewey, J. 1986. How we think: A restatement of the relation of reflective thinking to the educative process. In: Boydston, J. A. (Ed.), The later works of John Dewey, Volume 8: 1933. (pp. 105-352). Carbondale: Southern Illinois University Press. (Original work published 1933)
ALGEMENE KRITERIA
- Die titel van die aanbieding moet nie langer as 10 woorde wees nie.
- Die abstrak self moet tussen 300 en 350 woorde wees.
- Die abstrak moet reeds taalversorg wees wanneer dit ingedien word.
- Die abstrak moet inteksverwysings (outeur datum) bevat, maar ʼn bronnelys is nie nodig nie.
- Die abstrak behoort vir ‘n wye spektrum lesers verstaanbaar te wees.
- Die abstrak moet voor of op 30 September 2020.
- Hierdie dokument bevat inligting oor hoe die AvOL pryswenners bepaal word plus die kriteria wat deur die beoordelaars gebruik word.
TOEGEWE TYD VIR PRESENTASIES
Navorsing | Innovasie | Refleksie | |
Aanbiedingstyd | 20 minute | 20 minute | 15 minute |
V&A | 5 minute | 5 minute | 5 minute |
NAVRAE
E-pos ons by sotl@sun.ac.za