Plakkaat riglyne

Die doel van die plakkaataanbiedings is om jou ervaring en nadenke oor die ontwerp en implementering van O-L-A inisiatiewe te deel. ‘n Plakkaataanbieding is ‘n kragtige kommunikasiemiddel en bied die gulde geleentheid vir een-tot-een deelname, en daarom moet die plakkaataanbieder tydens die toegewysde tydsgleuf teenwoordig wees. Die plakkaataanbieder hoef wel nie ‘n gestruktureerde aanbieding voor te berei nie.

nie later nie as 30 Oktober tussen 9:00 en 15:00. Die plakkaatsessie sal op 31 Oktober of 1 November plaasvind; die tyd sal bevestig word sodra die program gefinaliseer is. Wees asb beskikbaar tydens die tydsgleuf indien deelnemers enige vrae oor u plakkaat het.

‘n Paar Riglyne

  • Die plakkaat moet, in kleur, op ‘n A1 grootte (841 x 594) gedruk word.
  • Belangrike inligting moet vanaf 1 meter weg leesbaar wees.
  • Die titel moet kort wees en aandag trek.
  • Maak liewer meer gebruik van visuele elemente as van teks.
  • Enige teks moet duidelik en bondig wees.
  • Gebruik kolpunte, nommering en opskrifte om teks maklik leesbaar te maak.
  • Maak effektiewe gebruik van grafika, kleur en lettertipes.
  • Gebruik ‘n konsekwente en skoon uitleg – vermy oormatige gebruik van fieterjasies wat die leser se aandag van die boodskap kan aflei.
  • Ideaal gesproke moet die plakkaat die boodskap kan oordra sonder die teenwoordigheid van die aanbieder.