Emeritus Professor Chrissie Boughey

Biografie:  Emeritus Professor Chrissie Boughey het tot 2019 gedien as Rhodes Universiteit se Adjunk Vise-Kanselier: Akademie en Studentesake. Syhet jare lank op die terrein van onderrig en leer in die hoër onderwys gewerk. Sy het haar werk uit ’n kritiese oogpunt benader met die doel om sosiale geregtigheid te bevorder. Ál haar publikasies handel oor kritiese sosiale teorie, nes die proefskrifte van die vele doktorale studente vir wie sy as promotor opgetree het. Haar boek Understanding Higher Education: Alternative Perspectives, wat sy saam met kollega Sioux McKenna geskryf en deur African Minds uitgegee het, bied ’n ontleding van onderrig en leer in die hoër onderwys sedert die einde van die jare tagtig aan die hand van kritiese sosiale teorie.

Om haar Google Scholar profiel te besigtig, klik hier.

Om haar ResearchGate profiel te besigtig, klik hier.