BAMus, BMus, Diploma en Hoër Sertifikaat Aansoeke

Kliek hier om jou aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch te begin, of skakel navrae by 021 808 4515. ‘n Aansoekfooi is betaalbaar by registrasie.

Oudisiedatums:  Saterdag 6 Julie,  Saterdag 24 August 2024 of virtueel (video opname/aanlyn)).

Hoe skeduleer ek ‘n oudisie?

Nadat jy aanlyn aansoek gedoen het en al die nodige dokumentasie ontvang is, word jou aansoek geprosesseer en aan die Departement Musiek gestuur. Yolanda Botha is die oudisie koördineerder en sal jou dan via e-pos kontak met ‘n informasie vorm oor jou praktiese oudisie.  Aan die einde van die vorm is ‘n tabel wat jy moet invul om sodoende die oudisie te skeduleer.  Die eerste oudisies vind reeds om 08:00 plaas en eindig rondom 17:00 op die oudisiedatum.  Die finale oudisierooster sal ‘n week voor jou gespesifiseerde dag deur Me. Botha via epos uitgestuur word.

Waar vind oudisies plaas?

Praktiese oudisies vind plaas by die Konservatorium, Departement Musiek, Stellenbosch Universiteit, wat in Neethlingstraat, Stellenbosch, geleë is.

Belangrike aansoek tips:

  • Doen so vroeg moontlik aansoek
  • Verskaf asseblief volledige informasie in opvolgkorrespondensie om die oudisie te reël. Onvoltooide aansoeke kan nie geprosesseer word nie en kan dus nie vir oudisies aanvaar word nie.
  • Indien jy enige navrae rig aangaande jou aansoek, onthou asseblief om altyd jou Aansoek ID (Application ID) daarby in te sluit.
  • Gaan gereeld jou e-pos (asook jou junk mail) na.  Korrespondensie word aan die e-pos gerig wat gegee is tydens die elektroniese aansoek.

OUDISIE VEREISTES

Praktiese Oudisie:

BAMus, BMus, Diploma:

Studente moet 3 Klassieke werke van kontrasterende styl voorberei met ‘n minimum standaard van Graad VII of hoër van enige van die erkende eksamenrade. Die Stryker-, Blaas- en Klavierafdelings vereis tegniese werk. Verder word bladlees en ‘n snelstudie vir klavieroudisies vereis.

Hoër Sertifikaat:

Studente moet 3 Klassieke stukke van kontrasterende stylperiodes op graad V/VI op die standaard van enige van die eksaminerings liggame.  Vir strykinstrumente word ‘n minimum van graad 6 standaard verwag.  Die Strykers, koperblaas en klavier afdelings luister ook na tegniese werk (toonelere ens).  Klavier studente moet ook bladlees en ‘n snelstudie aanbied.

Teoretiese Toetse:

Die teoretiese toets vind op dieselfde dag as die praktiese oudisie plaas.

BAMus, BMus, Diploma:

Daar word van alle voornemende studente vereis om ‘n geskrewe teoretiese toets as deel van hulle oudisie af te lê, gelykstaande aan Unisa Graad V standaard. Die toets bestaan uit o.a. besyferde bas, akkoord erkenning, diktee en ander pertinente aspekte rakende musiekgelettertheid. Die geskrewe toetse vind op dieselfde dag as die oudisies plaas.

Hoër Sertifikaat

Die teoretiese toegangstoets is vergelykbaar met Unisa Graad III/IV en bestaan uit pertinente aspekte van mussiekgeletterdheid.

Die teoretiese toets vind op dieselfde dag as die praktiese oudisie plaas.

Verdere navrae:

Rig enige verdere navrae aan Mev Yolanda Botha by yolandab@sun.ac.za.