Sertifikaatprogramvennootskappe

Die Sentrum vir Gemeenskapsmusiek, waaronder die Sertifikaatprogramme in Musiek val, bied ‘n musiekprogram aan diegene wat min of geen toegang tot formele musiekonderrig het. Gemeenskapsmusikante kan hierdeur hul musiekgeletterdheidvaardighede verbeter. Studente wat graag met hoër onderrig wil voortgaan, kan dit ook gebruik tot die bevordering van hul musikale en akademiese bevoegdheid om sodoende hul kanse op toelating tot tersiêre musiekonderrig te verbeter.

Militêre en Diensorkeste

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, ander Afrika-weermagte en die Suid-Afrikaanse Polisie-orkeste

Algemeen: Hierdie instansies vorm die belangrikste Gemeenskapsvennote van die Sertifikaatprogramme, en is reeds in 2005 in die lewe geroep, met satellietkampusse by die SA Weermagorkes van die Wes-Kaap, by die Youngsfield militêre basis. Orkeslede van die SADC en ander Afrikalande, soos Rwanda, Botswana, die DRK, Zambië, Namibië en Kenia, asook orkeslede van die plaaslike Polisie-orkeste kom hiervoor in aanmerking.

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

In 2005 is ‘n sattelietkampus in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gestig om Musiekgeletterdheid in die Sertifikaatprogram aan te bied. Musikante van die weermag en diensorkeste in Suid-Afrika en lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap skryf in vir die programme wat by die Suid-Afrikaanse Weermagorkes, Youngsfield militêre basis in Kaapstad aangebied word.

Lees meer…

Suid-Afrikaanse Weermagorkeste:

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Kaapstad

hyperlink

Suid-Afrikaanse Nasionale Vlootorkes
hyperlink

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Kroonstad

facebook

Gemeenskapsmusiekskole

Athlone Musiek-akademie (AAM)

Algemeen: Die Athlone Musiek-akademie is gestig in 1994, met as doelwit die bediening van gemeenskappe van Klipfontein, Langa, Gugulethu, Khayelitsha, Mitchell’s Plain, Retreat, Steenberg, Atlantis en Malmesbury. Die AAM beoog om geleenthede vir kinders in hierdie gemeenskappe te bied deur aktiewe deelname in musiekonderrig. Op hierdie wyse strewe hulle om van die sosiale uitdagings wat op ‘n daaglikse basis beleef word, te verlig.

Die Sosiale Impak van die Akademie is veral sigbaar in die aspek van Diensleer: US-musiekstudente se onderrigprojek (leer deur ondervinding).

Etlike AAM-studente het reeds hulle musiekstudies by die Sertifikaatprogramme en in tersiêre verband voortgesit.

Lees meer…

facebook

Video:

youtube-logo-21

Die Ronnie Samaai-Musiekopvoedingsprojek (RSMEP)

Algemeen: Hierdie projek dateer uit 1997, as byproduk van Sir Yehudi Menuhin se destydse Violins for Africa-inisiatief. Dit bied opleiding aan leerlinge tussen die ouderdomme van 7 en 16, en vind plaas op Saterdagoggende. Hier word ook voorsiening gemaak vir vervoer van en na Gugulethu.

Die Sosiale Impak hiervan behels studente van die Musiekdepartement, en ingeskrewe studente van die Diensleer-module doen projekdiens op Saterdagoggende (ondervindingsleer).

RSMP-leerlinge het toegang tot werkswinkels, meesterklasse en konserte by die Musiekdepartement.

Etlike studente het reeds toegang verkry tot tersêre musiekopvoeding, en andere is aktief in die uitvoerende kuns.

Diensleer-studente:

Felicia Lesch se aanbieding by die Kirstenbosch Rotariërklub:  

Mitchells Plain Akademie van musiek en kunste (MPAMA)

Algemeen: Die Gemeenskapmusiekskool in Mitchell’s Plain is gestig deur twee oudstudente van die Program.

Die sosiale impak daarvan behels toegang tot werkswinkels, meesterklasse, konserte (veral die SU Jazz Band en Blaasorkes) by die Musiekdepartement en uitvoeringsgeleenthede in die Endlersaal.

Facebook-videos:

Die Universiteit van Stellenbosch se Jazz-orkes speel by MPAMA se jaareindkonsert:

MPAMA jazz band:

Musiquelaine  Inisiatief: Die Steenberg Hoërskool se Blaasorkes-projek

Algemeen: Die Steenberg Hoërskool se Blaasorkes-projek is in Maart 2013 gestig as  Musiquelaine initiative deur Lainey Trequesser, en is gebaseer by dié Kaapstadse skool.

Die Sosiale Impak hiervan is geleë in die vennootskap  met die Musieksertifikaatprogramme  sedert 2018, en word gelei deur een van die Musekdepartement se graduandi.

C-flat Jazz Fees by Steenberg Hoërskool:

(With SU Jazz Band, and French musicians who worked both at the University, and at Steenberg High School)

Weskus Musiekakademie (WCMA)

Algemeen:  Die WCMA het reeds gedurende die afgelope  24 years klasse in die Weskus aangebied, en sedert 2019 in venneootskap met die Sertifikaatprogramme.

Die sosiale impak is geleë in die WCMA se toegang tot die tutoriale programme van die Sertifikaatprogrammes.