Minimum vereistes
- Matrieksertifikaat
- Musiekervaring: Geen formele teoretiese of praktiese kennis word vereis nie.
Programduur:
- Een jaar, deeltyds;
- Vier ure se klasse per week (twee twee-uur klasse) wat saans aangebied word, en ‘n 45-min praktiese les per week.
Vir wie?
- Gemeenskapsmusikante wat graag musiekgelettereheidsvaardighede wil bekom of verbeter;
- Studente wat oor rudimentêre musiekgeletterdheidsvaardighede beskik en graag hulle musiekstudies wil voortsit.
Wat behels die Inleidende Sertifikaat in Musiekgeletterdheid?
- Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van onderstaande instrumente inskryf.
Watter instrumente kan ek bestudeer?
Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.
Uitgangsvlak:
Prakties: Graad 4; Teorie: Graad 3
Gradering:
NKR Vlak 3
Navrae:
Programkoördineerder:
Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za
Voornemende studente navrae & toelatings:
Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za