Minimum vereistes
Matrieksertifikaat
Teorie – Graad 5
Prakties – Graad 7
Programduur:
Drie jaar
Vir wie?
Hierdie graad is hoofsaaklik ontwerp om voorsiening te maak vir studente met ‘n wyer belangstelling in die geesteswetenskappe. Dit sluit tale, sielkunde en wiskunde in.
Wat behels die BA-kursus in Musiek?
Die BA (Musiek) sal studente met ‘n omvattende musiekagtergrond akkomodeer, en sluit vakke in soos Praktiese Musiekstudie, Musiekwetenskap, Musiekteorie, Onderwysmetodiek en keusemodules uit die Geesteswetenskappe wat in lyn is met die student se belangstellings (kies uit English Studies, Xhosa, Afrikaans-Nederlands, Frans, Duits, Sielkunde en Wiskunde).
Twee van hierdie BA-vakke word vir die eerste jaar vereis, waarvan een tot op tweede- of derdejaar vlak geneem moet word.
Alle vakkombinasies is onderworpe aan roostermoontlikhede.
Watter instrumente kan ek bestudeer?
Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.
Van watter ensembles sal ek deel wees ?
Watter konserte sal ek bywoon?
Die departement bied vir studente ‘n verskeidenheid optree-geleenthede, soos Middaguurkonserte of Voorspeelklasse. Studente word ook aangemoedig om soveel as moonlik Endler Konsertreeks-konserte by te woon en om kennis te neem van die breër kulturele lewe.
Skakel na Konserte-webblad hier
Kliek hier om meer uit te vind oor die akademiese modules wat in hierdie program aangebied word.
Navrae:
Programkoördineerder: Leonore Bredekamp Tel. 021 808 2176 E-pos: lbrede@sun.ac.za
Oudisies vir Voorgraadse Programme
Kliek hier: http://www.maties.com/apply.html om die aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch te begin, of skakel navrae by 021 808 4515.
‘n Aansoekfooi is betaalbaar.
Nadat jy jou aansoek ingestuur het en al die nodige dokumentasie ontvang is, sal jy deur die oudisie koördineerder, Yolanda Botha, via epos gekontak word.
Onvolledige aansoeke sal nie vir oudisies aanvaar word nie.
Weens regulasies aangaande die Covid pandemie, sal al ons 2022 oudisies digitaal plaasvind.
2022 Datums vir die inhandiging van oudisie materiaal
Alle lêers en skakels rakende praktiese oudisies moet voor of op Maandag, 5 September, 2022 ingehandig word.
Besonderhede aangaande die opnames, sowel as die skakel na die Google Drive Form, sal deur Me. Botha via epos verskaf word.
Oudisie Vereistes:
Praktiese Oudisie:
Studente moet 3 werke van kontrasterende styl voorberei met ‘n minimum standaard van Graad VII of hoër van enige van die erkende eksamen rade. Sekere afdelings vereis ook tegniese werk. Bladlees word vir klavier oudisies verwag.
Teoretiese Toetse:
Daar word van alle voornemende studente vereis om ook ‘n geskrewe teoretiese toets as deel van hulle oudisie af te lê, gelykstaande aan Unisa Graad V. Die toets bestaan uit o.a. besyferde bas, akkoord erkenning, diktee en ander pertinente aspekte rakende musiekgelettertheid.
Die geskrewe toetse sal ook aanlyn geskied. Verdere besonderhede sal van die oudisie koordineerder volg.
Rig asseblief enige verdere navrae aan Me. Yolanda Botha by yolandab@sun.ac.za