Baccalaureus in Musiek (BMus)

Minimum vereistes

Matrieksertifikaat

Teorie – Graad 5;

Prakties – Graad 7

Programduur:

Vier jaar

Vir wie?

Hierdie graad is ontwerp om gespesialiseerde professionele musiekvaardighede en -kennis aan studente oor te dra.

Wat behels die BMus-kursus?

In die eerste twee jaar word studente in ‘n wye reeks dissiplines opgelei, waaronder: Praktiese Musiekstudie (wat ‘n eerste en ‘n tweede instrument insluit), Musiekwetenskap, Musiekteorie, Musiekopvoeding, Onderwysmetodiek, Repertoriumstudie, Musiektegnologie en ‘n BA-vak (kies uit English Studies, Xhosa, Afrikaans-Nederlands, Frans, Duits, Sielkunde en Wiskunde).

Studente kan vanaf die derde jaar in ‘n rigting waarin hulle belangstel spesialiseer, insluitende: Uitvoerend (solo, kamermusiek, begeleiding, kerkmusiek of dirigering), Komposisie, Musiektegnologie, Musiekwetenskap en Musiekopvoeding. Voortgesette praktiese opleiding word volgens die gekose spesialiseringsrigting aangebied, en vind met ander woorde vir die volle duur van die kursus plaas.  Spesialisering is onderhewig aan Departementele vereistes.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Van watter ensembles sal ek deel wees ?

ENSEMBLES

Watter konserte sal ek bywoon?

Die departement bied vir studente ‘n verskeidenheid optree-geleenthede, soos Middaguurkonserte of Voorspeelklasse. Studente word ook aangemoedig om soveel as moonlik Endler Konsertreeks-konserte by te woon en om kennis te neem van die breër kulturele lewe.  

Skakel na Konserte-webblad hier

Kliek hier om meer uit te vind oor die akademiese modules wat in hierdie program aangebied word.

Navrae:

Programkoördineerder: Leonore Bredekamp Tel. 021 808 2176 E-pos: lbrede@sun.ac.za