Toelatingsvereistes
- Matrieksertifikaat
- Teorie – Grade 3/4
- Prakties – Grade 7 in hoofinstrument (of sang)
Programduur:
Drie jaar.
Wat behels Diploma in Praktiese Musiek?
Studente moet vir al drie jaar vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding), Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente en Algemene Musiekleer inskryf. Onderwysmetodiek, Inligtingsvaardighede, Musiekopvoeding, Musiektegnologie, Repertoriumstudie, en ‘n keur van kursusse in Praktiese Partituurstudie, Begeleiding, Orkespraktyk, Tale vir Sangers, Ensemblesang, Kamermusiek, Besigheidsbestuur (Musiek) en Teaterkuns (Musiek) word ook aangebied.
Studente kan vanuit die Hoër Sertifikaat in Musiek na die Diploma in Musiek artikuleer, mits hulle aan die toelatingsvereistes vna die Diploma voldoen en die keuringsproses ondergaan.Studente sal vir Algemene Musiekleer, Musiekteorie, Musiektegnologie en Gehooropleiding erkenning kry.
Die Diploma in Praktiese Musiek kan in uitsonderlike gevalle (‘n prestasieputn van minimum 70% in elk van die volgende: Algemene Musiekleer 391, Musiekteorie 321 en 351) na die 2de jaar van die BMus artikuleer, met dien verstande dat die student aan die toelatingsvereistes vir BMus voldoen asook die voorgeskrewe keuringsproses ondergaan.
Watter instrumente kan ek bestudeer?
Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.
Navrae:
Programkoördineerder: Leonore Bredekamp Tel. 021 808 2176 E-pos: lbrede@sun.ac.za
Oudisies vir Voorgraadse Programme
Kliek hier: http://www.maties.com/apply.html om die aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch te begin, of skakel navrae by 021 808 4515.
‘n Aansoekfooi is betaalbaar.
Nadat jy jou aansoek ingestuur het en al die nodige dokumentasie ontvang is, sal jy deur die oudisie koördineerder, Yolanda Botha, via epos gekontak word.
Onvolledige aansoeke sal nie vir oudisies aanvaar word nie.
Weens regulasies aangaande die Covid pandemie, sal al ons 2022 oudisies digitaal plaasvind.
2022 Datums vir die inhandiging van oudisie materiaal
Alle lêers en skakels rakende praktiese oudisies moet voor of op Maandag, 5 September, 2022 ingehandig word.
Besonderhede aangaande die opnames, sowel as die skakel na die Google Drive Form, sal deur Me. Botha via epos verskaf word.
Oudisie Vereistes:
Praktiese Oudisie:
Studente moet 3 werke van kontrasterende styl voorberei met ‘n minimum standaard van Graad VII of hoër van enige van die erkende eksamen rade. Sekere afdelings vereis ook tegniese werk. Bladlees word vir klavier oudisies verwag.
Teoretiese Toetse:
Daar word van alle voornemende studente vereis om ook ‘n geskrewe teoretiese toets as deel van hulle oudisie af te lê, gelykstaande aan Unisa Graad V. Die toets bestaan uit o.a. besyferde bas, akkoord erkenning, diktee en ander pertinente aspekte rakende musiekgelettertheid.
Die geskrewe toetse sal ook aanlyn geskied. Verdere besonderhede sal van die oudisie koordineerder volg.
Rig asseblief enige verdere navrae aan Me. Yolanda Botha by yolandab@sun.ac.za