Hoër Sertifikaat in Musiek

Toelatingsvereistes

Matrieksertifikaat

Teorie – Graad 3/4

Prakties – Graad 5/6

Programduur:

Een jaar

Wat behels die Hoër Sertifikaat in Musiek?

Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente inskryf, sowel as vir Algemene Musiekleer, Besigheidsbestuur (Musiek), Musiektegnologie, Repertoriumstudie en Tekste in die Geesteswetenskap. Kreatiewe Vaardighede en Orkespraktyk is opsionele modules.

Van studente word verwag om ‘n aantal werkswinkels ten opsigte van Skryf-, Taal- en Studievaardighede, soos deur die Musiekdepartement bepaal en aan die begin van die jaar kennis gegee, bevredigend by te woon om aan die volledige vereistes te voldoen alvorens die Hoër Sertifikaat verwerf kan word.

Die Hoër Sertifikaat in Musiek kan na die Diploma in Praktiese Musiek artikuleer of na een van die Musiekdepartement se graadprogramme, met dien verstande dat die student aan die normale toelatingsvereiestes, soos by elk gespesifiseer, voldoen, asook die voorgeskrewe keuringsprosesse ondergaan.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Navrae:

Programkoördineerder: Ms Felicia Lesch Tel: 021 808 2349  E-pos: fsmlesch@sun.ac.za

Oudisies vir Voorgraadse Programme

Kliek hier: http://www.maties.com/apply.html om die aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch te begin, of skakel navrae by 021 808 4515.

‘n Aansoekfooi is betaalbaar.

Nadat jy jou aansoek ingestuur het en al die nodige dokumentasie ontvang is, sal jy deur die oudisie koördineerder, Yolanda Botha, via epos gekontak word.

Onvolledige aansoeke sal nie vir oudisies aanvaar word nie.

Weens regulasies aangaande die Covid pandemie, sal al ons 2022 oudisies digitaal plaasvind.

2022 Datums vir die inhandiging van oudisie materiaal

Alle lêers en skakels rakende praktiese oudisies moet voor of op Maandag, 5 September, 2022 ingehandig word.

Besonderhede aangaande die opnames, sowel as die skakel na die Google Drive Form, sal deur Me. Botha via epos verskaf word.

Oudisie Vereistes:

Praktiese Oudisie:

Studente moet 3 werke van kontrasterende styl voorberei met ‘n minimum standaard van Graad V / VI of hoër van enige van die erkende eksamen rade. Sekere afdelings vereis ook tegniese werk. Bladlees word vir klavier oudisies verwag.

Teoretiese Toetse:

Daar word van alle voornemende studente vereis om ook ‘n geskrewe teoretiese toets as deel van hulle oudisie af te lê, gelykstaande aan Unisa Graad V. Die toets bestaan uit o.a. besyferde bas, akkoord erkenning, diktee en ander pertinente aspekte rakende musiekgelettertheid.

Die geskrewe toetse sal ook aanlyn geskied. Verdere besonderhede sal van die oudisie koordineerder volg.

Rig asseblief enige verdere navrae aan Me. Yolanda Botha by yolandab@sun.ac.za