Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Toegepaste Wiskunde

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 4215

E-pos

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir meer inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Toegepaste Wiskunde

MSc in Toegepaste Wiskunde

PhD in Toegepaste Wiskunde

DSc in Toegepaste Wiskunde

Oor die Afdeling Toegepaste Wiskunde

Nagraadse programinhoude en onderrigmetodes word saamgestel met die oog op die vereistes van moontlike werkgewers en nuwe ontwikkelings op die vakgebied self. Vaardighede in kommunikasie en aanbieding (geskrewe en mondeling) word beklemtoon en ontwikkel deur die vereiste dat studente gereeld projekte inlewer en voordra.

Volg die skakels hieronder om die leerplanne in ons Jaarboek te sien. Kyk verdere programinligting op die Departement se webwerf.

Navorsingsrigtings

Diskrete wiskunde: Die fokus is op grafiekteorie, spesifiek dominansie, onafhanklikheid en onoorbodigheid in grafieke.

Numeriese metodes en berekening: Algoritmes vir wetenskaplike berekenings word ontwikkel en geanaliseer. Hierdie algoritmes sluit metodes vir die oplossing van differensiaalvergelykings en matriksberekenings in. Van hierdie algoritmes is fundamenteel vir omtrent elke denkbare wetenskaplike toepasssingsterrein. Spesifieke toepassingswaarop ons konsentreer, sluit in die berekening van integraaltransformasies en spesiale funksies, spektraal metodes, en die berekening van golfverskynsels.

Vloeimodellering: Hierdie navorsing konsentreer op die analitiese en numeriese modellering van verskillende aspekte van enkel- en veelfasevervoer van Newtoniaanse en nie-Newtoniaanse vloeistowwe in verskillende tipes poreuse media. Die navorsing word onder andere aangewend op watersyfering deur rotse en grond, sedimentvervoer en filtrasieprosesse. Verskeie projekte oor die analise van ekstreme gebeurtenisse en tydreeks-analises word uitgevoer in die kusgebied.

Rekenaarvisie en masjienleer: Dit behels die bestudering, ontwikkeling en implementering van masjienleertegnieke vir verskeie toepassings in rekenaarvisie wat insluit: geoutomatiseerde herkenningstelsels, rekonstruksie van 3D-data uit beelde, volg van voorwerpe in videoreekse, navigasie en robotika, beeldverwerking en handskrifanalise.