Aardwetenskappe

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 3124

Prof Alakendra Roychoudhury

E-pos

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir meer inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Aardwetenskappe

MSc in Geologie

PhD in Geologie

DSc in Geologie

Oor die Departement

Die Suid-Afrikaanse geologierekord is uitstekend en uniek en bied 'n wêreldklas natuurlike laboratorium vir diegene wat geïnteresseerd is in navorsing in die aardwetenskappe. Die vinnig groeiende besorgdheid oor omgewingskwessies wat met menslike aktiwiteite, soos mynbou, verband hou, sorg vir 'n belangrike navorsingsfokus op omgewingsgeochemie.

Die Departement is ook gasheer vir 'n navorsingsleerstoel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI) in Eksperimentele Petrologie.

Die nagraadse studentsamestelling van die Departement is kosmopolitaans en in die afgelope paar jaar het ons studente van Duitsland, Namibië, die Verenigde Koninkryk, Zimbabwe, Frankryk, Japan en Gaboen getrek.

Navorsingsrigtings

  • Tektoniek en orogeniese prosesse
  • Petrogenese van granietagtige gesteentes
  • Spoorelement- en isotopiese geochemie
  • Skuifskeurdraende goudafsettings
  • Massiewe sulfiedafsettings
  • Swaarmineraal-plaserafsettings
  • Metaalgenese van mobiele stroke
  • Eksperimentele petrologie
  • Metamorfe petrologie
  • Mariene geochemie
  • Watergeochemie en -besoedeling