Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Rekenaarwetenskap

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 4232

E-pos

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir meer inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Rekenaarwetenskap met 'n keuse uit die volgende strome:

- Rekenaarwetenskap

- Datawetenskap

MSc in Rekenaarwetenskap

PhD in Rekenaarwetenskap

DSc in Rekenaarwetenskap

Oor die Afdeling Rekenaarwetenskap

Rekenaarwetenskap is 'n lewendige en innoverende omgewing, met 'n sterk klem op navorsing. Al ons senior navorsers het NNS-graderings, en ons het nagraadse studente vanoor die hele wêreld. Ons verwag dat ons nagraadse studente uitstekende programmerings- en tegniese vaardighede moet hê, en daarmee saam ook 'n hoë standaard van teoretiese kennis in Rekenaarwetenskap.

Die Afdeling is die tuiste van die eerste Suid-Afrikaanse IBM Sentrum vir Uitnemendheid in Sagteware. Hierdie nagraadse rekenaarlaboratorium beskik oor gevorderde sagteware soos die Rational®-ontwikkelingsomgewing, wat 'n volwaardige omgewing vir sagteware-ontwikkeling bied waar studente hulle vaardighede kan slyp.

Ons nagraadse kwalifikasie word direk aanvaar by die beste internasionale universiteite, en ons studente is gesog in die industrie.

Navorsingsrigtings

Outomaatteorie en grammatikas en toepassings: Ons beskou oorweeg teoretiese probleme wat betrekking het op nie-deterministiese eindige toestand outomate, boomoutomate, en grafiekgrammatikas. Ons pas die teorie toe op praktiese probleme, byvoorbeeld in beeldverwerking, diagraminterpretasie, musiekgenerasie, algemene passingsalgoritmes, en meer.

Breëband- en mobiele netwerke: Ons ondersoek aansporingskemas om samewerking tussen mobiele ad hoc netwerke te bevorder en hul effektiwiteit te verbeter. Ons ondersoek ook protokolle vir die aanstuur van data in vervoer ad hoc netwerke. Laastens ondersoek ons ook die gedrag van die Bitcoin blokketting asook die winsgewendheid van verskillende oneerlike data-ontginningskemas.

Programtoetsing en -verifikasie: Ons werk op toetsing, programanalise, simboliese uitvoering, probabilistiese simboliese uitvoering, logika-gebaseerde tegnieke, en modelkontrolering, vir beide sekwensiële en gelyklopende stelsels. Ons is ook betrokke by die ontwikkeling van die wyd bekende Java Path Finder nutsstelsel, sowel as die CSeq- en ESBMC-nutspakette wat fokus op die analise van gelyklopende en ingebedde programmatuur.

Kunsmatige intelligensie: Ons oorweeg verskillende aspekte van kunsmatige intelligensie, insluitend probabilistiese modellering en masjienleer. Toepassingsareas sluit in rekenaarvisie, natuurlike taalverwerking, robotika en rekenaarspelers vir verskeie speletjies.