Fisika

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 3391

E-pos

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir nadere inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Fisika met 'n keuse uit die volgende strome:

MSc in Fisika

PhD in Fisika

DSc in Fisika

HonsBSc in Fisiese en Wiskundige Analise met 'n keuse uit die volgende strome:

MSc in Fisiese en Wiskundige Analise

PhD in Fisiese en Wiskundige Analise

Oor die Departement

Die Departement Fisika het 'n sterk navorsingsfokus en geskiedenis in die drie hoofvelde nl. kernfisika, laserfisika en teoretiese fisika. Bykomend tot ons eie goed ontwikkelde/toegeruste laboratoriums, word navorsing ook gedoen in samewerking met nasionale institute soos iThemba LABS, die WNNR Nasionale Lasersentrum en die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITheP). 'n Aktiewe en dinamiese navorsingsgroep het verseker dat die US se Fisika departement homself as een van die beste navorsingsgerigte Fisika departmente in die land gevestig het. Die groot aantal publikasies van hoë gehalte wat die department lewer, getuig van die hoë gehalte navorsing wat by die departement plaasvind.

Die Fisika departement is gasheer vir 'n navorsingsleerstoel in Fotonika, Ultravinnige en Ultra-intense Laserwetenskap as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI). Dit huisves ook die nuwe WNNR Navorsingleerstoel in Kwantum-, Optiese en Atomiese Fisika.

Navorsingsrigtings

  • Kernfisika: Die volgende temas word gedek:
  • Die teoretiese en eksperimentele ondersoek van kernstrukture en kernrekasies.
  • Die ontwikkeling van tegnieke om omgewingsbestraling te moniteer.
  • Studies oor die impak van bestraling op menslike weefsel

Teoretiese fisika (Instituut vir Teoretiese Fisika): Teoretici spesialiseer in 'n verskeidenheid velde. Die navorsingsvrae wat aangespreek word deur lede van die Instituut vir Teoretiese Fisika wissel van die oorweging van fundamentele aspekte van kwantummeganika, die gedrag van solitons, die statistiese interpretasie van groter stelle data en teoretiese oorwegings van fisika in biologiese sisteme op sellulêre vlak.

Laserfisika (Instituut vir Laserfisika): Die Instituut vir Laserfisika bied 'n unieke geleentheid vir honneurs-, MSc- en PhD-studies in lasergebaseerde navorsing in Suid-Afrika. Die projekte waarin ons studente eerstehandse ervaring kry sluit in meting van ultravinnige reaksies in nuwe tipe sonkragselle, die inperking en beheer van enkel-ione om kwantumteorie te toets, die opwekking en manipulasie van ligpulse met unieke eienskappe deur die gebruik van nonliniêre optika, en die ontwikkeling van lasertegnieke vir die bestudering van biologiese steekproefmonsters.