BCom (Internasionale Besigheid)

Toelatingsvereistes

   Oor die program

Hierdie vierjarige program is 'n baanbreker in voorgraadse besigheidsopleiding! Ons studente slaan munt uit 'n verrykte ervaring deur interaksie met internasionale studente en die wêreldmark. Só rus ons hulle toe om rolspelers in die internasionale kennisekonomie te wees.

   Hoekom hierdie program studeer?

Die BCom (Internasionale Besigheid), 'n unieke program in Suid-Afrika, is noukeurig saamgestel om rolspelers in die internasionale kennisekonomie met 'n globale ingesteldheid te ontwikkel.

  • Die leerplan dek bestuurs- en sosiale wetenskappe, asook 'n vreemde taal, om jou interkulturele vaardighede te ontwikkel.
  • Terwyl jy 'n deeglike onderbou in die Suid-Afrikaanse realiteite verwerf, ontwikkel jy ook die noodsaaklike kennis en vaardighede om in 'n internasionale omgewing te werk.
  • Op die koop toe neem jy in jou derde studiejaar deel aan 'n ses maande lange internasionale uitruil met een van die Fakulteit se internasionale vennootinstellings. In hierdie internasionale omgewing kan jy dan begin om jou nuwe vaardighede te slyp nog voor jy graad vang.
  • Deur die integrasie van nasionale en internasionale studente skep die program 'n platform vir 'n internasionale klaskamer wat internasionale besigheid as 'n studieveld regstreeks ondersteun.

   Beroepsmoontlikhede

Hierdie program berei jou voor vir 'n rol in 'n maatskappy met 'n internasionale voetspoor as bemarkingsbestuurder, finansiële bestuurder, entrepreneur of innovasiebestuurder.

   Programinhoud

Vir die leerplan in ons Jaarboek, kyk hier op bladsy 57.