BCom (Wiskundige Wetenskappe)

Toelatingsvereistes

   Oor die program

Indien jy belangstel om 'n finansiële risikobestuurder of portefeuljebestuurder te word, of om kwantitatiewe oplossings vir bestuursprobleme te vind, raai ons jou aan om hierdie program te volg.

   Programinhoud

Hierdie program het 'n skerp fokus op Wiskunde en Wiskundige Statistiek wat verpligtend is tot in die tweede jaar. In die derde jaar moet jy ten minste een van die volgende vakke volg:

  • Finansiële Risikobestuur
  • Operasionele Navorsing
  • Wiskundige Statistiek

Die vakkombinasie of fokusarea (voorgestelde vakkombinasie) wat jy kies, sal jou uiteindelike beroep bepaal. Raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 52, om die leerplanne van die breë program en onderskeie fokusareas te sien.

   Beroepsmoontlikhede vir verskeie fokusareas 

Lees hieronder oor die fokusareas wat hierdie program aanbied word en die beroepsrigtings waarheen dit kan lei.

Datawetenskap

Data-analise is essensieel in bykans enige omgewing. 'n Datawetenskaplike analiseer data om sodoende besluitnemingsvrae te beantwoord. Daarom moet ’n datawetenskaplike oor die vaardighede beskik om data in te samel en te stoor, om data te transformeer en grafies voor te stel, en om relevante vrae te stel. Groot organisasies stel datawetenskaplikes aan as statistici, data-ontginners, databestuurders en statistiese analiste in byvoorbeeld bemarkings-, inligtings- en bestuursafdelings. In hierdie hoedanigheid vorm hulle deel van opwindende bestuurs- en besluitnemingsprosesse. As jy hierdie opleiding het, kan jy vir jou stimulerende en lonende werksgeleenthede beding.

Finansiële Risikobestuur

Groot finansiële instellings neem persone met opleiding in Finansiële Risikobestuur, Wiskundige Statistiek en Finansiële Wiskunde in diens as kwantitatiewe finansiële analiste, waaronder finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders en finansiële-instrumenthandelaars. Hierdie fokusarea gee jou die nodige agtergrond om ’n stimulerende en finansieel lonende loopbaan in die finansiële wêreld te bou.

Operasionele Navorsing

In Operasionele Navorsing leer jy ’n sistematiese en rasionele (wetenskaplike) benadering aan om die beste (optimale) antwoorde te bereken vir situasies waarvan die kompleksiteit of die onsekerheid, of albei, hoog is en daar konflik tussen die verskillende uitkomste bestaan. Die operasionele navorser se benadering tot probleemoplossing sluit in die soeke na wiskundige modelle wat optimale antwoorde vir verskillende tipes situasies bied. Hierdie fokusarea bied kragtige instrumente om werklike praktiese bestuursprobleme waarvoor ondernemings te staan kom, op te los.

Ons afgestudeerde studente werk by banke en versekeringsmaatskappye (soos ABSA of Sanlam), by aanlegte in die vervaardigingsindustrie (soos fabrieke, saagmeule of depots), by kettingwinkels (soos PEP Stores, Checkers of Woolworths), by staatsdepartemente of semi-staatsorganisasies (soos die Dept. van Waterwese en Bosbou, of die Transnet-filiale), by navorsingsinstansies (soos die WNNR) of as private konsultante.