BCom (Bestuurswetenskappe)

Toelatingsvereistes

   Oor die program

Hierdie is die graadprogram vir studente wat op 'n loopbaan in 'n bestuursveld wil fokus. Die BCom (Bestuurswetenskappe) bied 'n verskeidenheid modules aan waaruit studente vrylik kan kies. Dit is ook moontlik om in hierdie program op 'n spesifieke area van kundigheid te fokus, wat ons 'n fokusarea noem. Die fokusarea wat jy kies, sal jou uiteindelike loopbaan bepaal.

   Watter kennis en vaardighede leer jy in hierdie program?

Die algemene BCom (Bestuurswetenskappe) bied die vryste keuse van modules. Die program bied verder 'n verskeidenheid fokusareas waaruit jy kan kies, waarvan Finansiële Beplanning en Beleggingsbestuur tot professionele registrasie kan lei.

Die modules wat jy in jou eerste en tweede jaar neem, bepaal die fokusarea. Om studente met 'n spesifieke loopbaanfokus te help, beveel ons spesifieke modulekombinasies aan wat saam 'n besondere fokusarea uitmaak.   

   Beroepsmoontlikhede vir verskeie fokusareas

Lees hieronder verder oor die verskillende fokusareas wat in hierdie program aangebied word en die beroepsrigtings waarheen dit kan lei. Vir hul leerplanne, raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 30.

Beleggingsbestuur

Die fokusarea Belegginsbestuur is gebaseer op die internasionale Chartered Financial Analyst (CFA) se kurrikulum, wat  wêreldwyd beskou word as een van die mees gesogte kwalifikasies in die beleggingsbedryf. Die kwalifikasie CFA® is afgestem op portefeuljebestuur en beleggingsontleding (aandele, effekte, afgeleide instrumente en eiendom).

As jy ’n BCom (Bestuurswetenskappe)-programmet die modulekombinasie Beleggingsbestuur suksesvol voltooi, kom jy in aanmerking vir Vlak 1 van die eksamen vir die internasionale kwalifikasie Chartered Financial Analyst® (CFA®).

Jy kan ook oorweeg word vir BCom Honneurs-studie. Die Honneursprogram dek die leeruitkomste van Vlak 2 en 3 van die internasionale CFA-eksamen. Volledige inligting oor die CFA-program is hier beskikbaar (klik op "Program" > “CFA program”).

Bemarkingsbestuur

Die fokusarea Bemarkingsbestuur en onderrig daarin is op die volgende gebaseer:

  • teorie van bemarking
  • verbruikersgedrag
  • die toepassing van teorie op verskeie bemarkingsterreine, met spesiale klem op kleinhandel, dienste, reklame en bemarkingsnavorsing
  • die ontwikkeling van ’n bestuursoriëntasie tot die benadering van bemarkingsuitdagings 

Die fokusarea word voortdurend aangepas om tred te hou met moderne tegnologie soos die internet se impak op en voordele vir bemarking. Modules uit ander terreine is onder die verpligte modules of kan as keusemodules ingesluit word.

Beroepsmoontlikhede is bemarkingsbestuurder, reklamebestuurder, promosiebestuurder, handelsmerkbestuurder en bemarkingsnavorser. 

Besigheidsanalitiek

Met studie in hierdie fokusarea word jy toegerus om met ’n kombinasie van bestuurs- en analitiese vermoëns hoogs mededingend in die bedryfslewe te funksioneer. Die doelwit is om bestuurders en ontleders op te lei wat ná voldoende praktykervaring bedryfsfunksies en -prosesse in ondernemings op strategiese, taktiese en operasionele vlak kan ontleed, insig uit data kan verskaf en bestuur. Hulle sal ook besluite kwantitatief kan fundeer om die welvaart van die onderneming te help maksimeer.

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur

Hierdie fokusarea help jou om nie bloot na sogenaamde werksekuriteit in die vorm van ’n vaste betrekking te strewe nie, maar om die moontlikheid van ’n eie onderneming in die toekoms te oorweeg. Die fokusarea bestaan uit vier modules wat in die tweede jaar begin:

  • Inleiding tot Entrepreneurskap
  • Kleinsakebestuur
  • Kreatiwiteits- en Innovasiebestuur
  • Strategiese en Korporatiewe Entrepreneurskap.

Finansiële Beplanning

Die fokusarea Finansiële Beplanning is spesifiek ontwikkel sodat jy vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning kan inskryf nadat jy die BCom (Bestuurswetenskappe)-graad met Finansiële Beplanning as fokusarea verwerf het. Wanneer jy die nagraadse diplomaprogram suksesvol voltooi het, mag jy die toelatingseksamen vir die internasionaal erkende kwalifikasie CFP® (Certified Financial Planner®) skryf. Verdere besonderhede oor die CFP-lwalifikasie is hier beskikbaar. Vir inligting oor die nagraadse diplomaprogram, kyk in ons Jaarboek op bladsy 91. 

Finansiële Bestuur

Hierdie fokusarea konsentreer op drie belangrike vraagstukke wat die uiteindelike voorspoed van enige onderneming bepaal:

  • Waar kry ons geld om die onderneming mee te finansier?
  • Hoe gebruik ons die geld?
  • Hoe verdeel ons die wins?

Die 'gesondheid' van die onderneming word dan bepaal met behulp van verhoudingsgetalle. Of jy nou 'n eie onderneming oorweeg of vir 'n groot maatskappy wil werk, 'n goeie kennis van finansiële bestuur is noodsaaklik vir die sukses van enige onderneming. Met hierdie soort kundigheid kan jy beroepe soos finansiële direkteur, finansiële adviseur en finansiële ontleder oorweeg.  

Informasiestelselbestuur

Kennis word al hoe meer die bepalende faktor in die ontwikkelde ekonomieë van die wêreld, aangedryf deur die vinnige vooruitgang in komputasievermoë. Vir organisasies vandag word informasie primêr uitgedruk as rekenaarverwerkte kennis om produktiewe werk te fasiliteer. Omdat organisasies egter komplekse verskynsels is, en omdat die rekenaartegnologie wat die nodige informasiestelsels aandryf eweseer gekompliseerd is, plaas die bestuur van informasiestelsels ons voor moeilike maar ook fassinerende uitdagings. Kyk hier vir meer inligting.

Landbou-Ekonomie

Landbou-ekonomie is ’n interdissiplinêre vakgebied en behels die studie van die toepassing van die ekonomiese en bestuurswetenskappe by die produksie en bemarking van landbouprodukte en voedsel. Landbou-ekonomie ontsluit dus die steeds groeiende nasionale en internasionale landbouen voedselbedryfswêreld as ’n beroepsveld.

’n BCom (Bestuurswetenskappe) met die fokusarea Landbou-ekonomie sal jou toerus vir gesogte beroepe in algemene bestuur, finansiële bestuur en logistieke bestuur in die waardeketting vanaf landbou-insetverskaffing, na finansiële dienste, agribesighede betrokke by produksie, distribusiehandel en bemarking, tot ondernemings in voedselverwerking en -vervaardiging.

Logistiek en Voorsieningskettingbestuur

Hierdie fokusarea is daarop gemik om jou voor te berei vir die verskeie uitdagende logistieke en voorsieningsketting-werksgeleenthede wat wêreldwyd in die openbare sektor en privaat besighede bestaan. Vanaf die grootste motorvervaardiger tot die kleinste produsent, en enige onderneming wat produkte koop en/of verkoop, elkeen het 'n behoefte aan logisties en voorsieningskettingsvaardige mense wat logistieke en voorsieningskettingaktiwiteite kan beplan, organiseer en beheer, plaaslik en internasionaal. Diensorganisasies (soos hospitale en restaurante) maak ook gebruik van logistiek en voorsieningskettingbestuur, om te verseker dat kliënte reg bedien word.

Menslike Hulpbronbestuur

Die menslikehulpbron-funksie is verantwoordelik vir die verkryging, ontwikkeling en instandhouding van ’n bevoegde en betrokke werksmag, asook om arbeidsverhoudinge effektief te bestuur. Die sukses van ’n onderneming hang af van die kwaliteit van die werksmag en die wyse waarop die werksmag aangewend en bestuur word. Daarom is menslikehulpbron-bestuur so belangrik. Hierdie fokusarea berei jou voor om menseverwante geleenthede en risiko’s só te hanteer dat jy ’n strategiese sakevennoot in jou organisasie sal wees.

Bedryfsielkunde is 'n verpligte vak vanaf die eerste studiejaar.

Openbare en Ontwikkelingsbestuur

Soos baie ander ontwikkelende lande word Suid-Afrika gekonfronteer met komplekse ontwikkelings- en beleidsuitdagings. Dit vereis samewerkende aksie tussen die publiek, besighede en vrywillige sektore tesame met die breër burgerlike samelewing op plaaslike, provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak. Hierdie komplekse kwessies sluit sosiale-, ekonomiese- en omgewingsgerigte ontwikkeling en openbare beleidsuitdagings in, soos byvoorbeeld armoede, werkloosheid, ongelykheid en die klimaatskrisis, asook die nadele en geleenthede verbonde aan die Vierde Industriële Rewolusie. Openbare- en Ontwikkelingsbestuur gee jou blootstelling aan en insig in hierdie uitdagings, spesifiek ten opsigte van die uniekhede van die suidelike ontwikkelende lande. Dit help voornemende praktisyns om toepaslike beleidsresponse te ontwikkel en dit doeltreffend, bekwaam en billik te implementeer.

Openbare en Ontwikkelingsbestuur is 'n verpligte vak in hierdie fokusarea vanaf die eerste studiejaar. 