Diploma in Volhoubare Ontwikkeling

Toelatingsvereistes en keuring

   Oor die program

Hierdie multidissiplinêre program rus studente toe met die vaardighede en kennis om entrepreneuriese geleenthede in die breë veld van volhoubare ontwikkeling uit te buit. Hierdie nuwe generasie van verantwoordelike entrepreneurs verstaan die wêreld waarin ons vandag leef, het die vaardighede om die soort organisasies op die been te bring wat pas in 'n konteks van volhoubare ontwikkeling en het 'n stel waardes wat hulle oorhaal tot aksie in 'n komplekse wêreld.

   Hoekom hierdie program studeer?

Die leer en onderrig is omgewingsgebaseerd. Die program maak jou deel van die volhoubaarheidswerklikheid deur 'n belewing van die Lynedoch EkoDorpie, 'n ontwikkelde, sosiaalgeïntegreerde en ekologies ontwerpte gemeenskap. Die plaas sluit 'n verskeidenheid sosiale ondernemings in: opleiding, toerisme, energie, kunsvlyt en dienste. Jy sal ook voordeel trek uit ons vennootinstellings in gemeenskapsontwikkeling, finansiële dienste, IT en bewaring.

   Watter kennis en vaardighede leer jy in hierdie program?

Klasse word by die Sustainability Institute op Lynedoch in bloksessies aangebied (vervoer vanaf die Stellenbosch Kampus is beskikbaar). Tydens kontaksessies span ons 'n interaktiewe onderrigmetode in. Dit behels formele lesings, gefasiliteerde gesprekke, gevallestudiemetodiek in groot en klein groepies, en groepwerk. Hierdie benadering verseker dat luister en lees aangevul word met eerstehandse ervaring - die boustene vir 'n goeie oordeelsvermoë, kreatiwiteit, samewerking en praktiese wysheid.

Boonop verrig jy dagtake wat te make het met die onderhoud van die Instituut en die ontwikkeling van omliggende projekte. Hierdie gedeelde ervaring van praktiese werk vul jou algehele leerervaring in die kontaksessies aan. Al die komponente van die dag, insluitend die gemeenskapwerksessie, is kredietdraend en bywoning is dus verpligtend.

Vir meer inligting, kyk die Fakulteit se Jaarboek, bladsy 23.

   Werksgeleenthede

Jy skep jou eie werk as entrepreneur in volhoubare ontwikkeling op die terrein van sosiale ondernemings, opvoeding, toerisme, hernubare energie, kunsvlyt (crafts) en dienste vir gemeenskapsontwikkeling.

   Verdere studie

Nagraadse Diploma (NGDip) in Volhoubare Ontwikkeling

Magister in die Wysbegeerte (MPhil) in Volhoubare Ontwikkeling

Doktor in die Wysbegeerte (PhD) in Volhoubare Ontwikkeling