BCom (Ekonomiese Wetenskappe)

Toelatingsvereistes

   Oor die program

Hierdie program fokus amper net op studierigtings in ekonomie. Omdat statistiek vir die ontwikkeling van hoëvlak- ekonomiese ontleding belangrik is, is Statistiek of Wiskundige Statistiek vereiste vakke in hierdie program.

As jy daarin belangstel om byvoorbeeld as 'n ekonomiese of finansiële analis of konsultant te werk, is hierdie die program vir jou!

   Programinhoud

Benewens 'n relatief vry keuse van modules, bied die program vier studierigtings of fokusareas: Ekonometrie, Ekonomiese en Bestuurskonsultasie, Finansiële Sektor en Vervoerekonomie. Lees meer oor die leerplanne van die breë program en sy onderskeie fokusareas in ons Jaarboek, bladsy 45.

   Beroepsmoontlikhede vir verskeie fokusareas

Die vakkombinasie of fokusarea wat jy kies, sal grootliks die soort werk waarvoor jy in aanmerking kom, bepaal. Lees hieronder oor die program se fokusareas en die beroepsrigtings waarheen elkeen kan lei. 

Ekonometrie

Ekonometrie as fokusarea kan jou pas as jy ’n sterk kwantitatiewe agtergrond en aanvoeling het. Die klem is deurgaans op gevorderde wiskunde en statistiek, wat gekombineer word met ekonomie, om jou ’n grondige kennis te bied sodat jy as ekonometris in die finansiële sektor, openbare sektor of aan ’n navorsingsinstansie werksaam kan wees. Gevorderde wiskundige en statistiese kennis sal jou die vaardighede gee om gesofistikeerde ontledings te maak.

Ekonomiese en Bestuurskonsultasie

Met hierdie vakkombinasie kan persone hulle as ekonomiese of bestuurskonsultante bekwaam. ’n Grondige kennis van ekonomie word gekombineer met ’n breë blootstelling aan handels- en bestuursvakke soos Handelsreg, Bedryfsielkunde en Finansiële Bestuur om jou toe te rus met die agtergrond om besigheidsaanbevelings te kan maak wat ’n verskeidenheid velde dek.

Finansiële Sektor

Hierdie modulekombinasie sal jou pas as jy in die finansiële sektor werksaam wil wees. Aangesien jy tipies sou werk as ’n ekonomiese of finansiële analis is die klem deurgaans op wiskundige en statistiese vaardighede, asook vaardighede wat nodig is om beleggingsgeleenthede en maatskappye se finansiële state te ontleed.

Vervoerekonomie

Vervoerekonomie het betrekking op die optimale toewysing van skaars hulpbronne tussen die vervoersektor en ander sektore, asook in die vervoersektor self. Ons bespreek die onderliggende ekonomiese teorie en behandel evalueringsmetodes en besluitnemingsteorie en pas dit ook toe. Die doel hiervan is om jou as voornemende vervoerekonoom in staat te stel om die toewysing van hulpbronne op wetenskaplike wyse te behartig. Jy sal vertroud raak met die ekonomiese beginsels van vervoerregulering, vervoerbeprysing, mededinging en die owerheidsvervoerbeleid. Laastens rus hierdie fokusarea jou toe met kennis van die verskillende vervoermoduss se ekonomiese kenmerke en die markomstandighede waarbinne die vervoeraanbod plaasvind. Hierdie kennis sal jou bekwaam om ’n vervoeronderneming suksesvol te bestuur.