BCom (Bestuurswetenskappe) (Verlengdekurrikulumprogram)

Minimum toelatingsvereistes

   Oor die verlengdekurrikulumprogram (VKP)

Die hoofstroomprogram BCom (Bestuurswetenskappe) se kurrikulum word verleng om studente van belangrike vaardighede en kennis te voorsien sodat hulle met sukses op universiteit kan studeer. Die program voeg waarde toe tot – en bou voort op – studente se talente en sterkpunte om hul intellektuele, loopbaan- en persoonlike aspirasies te verwesenlik.

   Hoe werk dit?

Die kurrikulum van die BCom (Bestuurswetenskappe)-hoofstroomprogram neem drie jaar om te voltooi. Die BCom (Bestuurswetenskappe) (VKP) word uitgebrei deur die eerstejaar-kernmodules oor twee jaar aan te bied, wat een jaar tot die program se duur toevoeg.

In die VKP se eerste studiejaar dek jy van die kurrikulum se eerstejaarsmodules plus bykomende voorbereidende modules. Die voorbereidende modules versterk jou akademiese grondslag. Daar word dus van studente verwag om die voorbereidende modules te slaag voordat hulle na die volgende studiejaar voortgaan.

Die res van die eerstejaarsmodules word in die tweede studiejaar aangebied. Na hierdie jaar het jy die eerste jaar van die hoofstroom BCom (Bestuurswetenskappe)-kurrikulum voltooi. Jy kan nou die werklading van die volgende jare met selfvertroue hanteer en kan voortgaan met die hoofstroom tweede- en derdejaarkurrikulum.

Ná vier jaar se studie verwerf studente wat hierdie program suksesvol voltooi, 'n volle en gelyke BCom (Bestuurswetenskappe)-graad.

Lees meer oor die program en wat oudstudente daaroor te sê het hier in Afrikaans en hier in isiXhosa.

   Hoe word 'n mens tot die program toegelaat?

Jy kan direk aansoek doen vir die BCom (Bestuurswetenskappe) (KP). Jy sal vir die verlengde program oorweeg word as jy aan die VKP-toelatingsvereistes voldoen.

   Watter beroepe kan ek met hierdie kwalifikasie beoefen?

Hierdie program is vir studente wat ’n loopbaan in ’n bestuursveld wil volg. Daar is 'n verskeidenheid fokusareas wat grootliks jou uiteindelike loopbaan sal bepaal. ‘n Fokusarea is nie ‘n program nie, maar sy voorgestelde modulekombinasie is ‘n aanbeveling om student te help om op ‘n loopbaan voor te berei. Hier is 'n lys van die fokusareas en moontlike loopbane:

  • Vervoer & Logistiek – voorsieningskettingkonsultant, vervoer- en logistieke bestuurder, logistieke koördineerder
  • Finansiële Analise – finansiële ontleder
  • Finansiële Beplanning – finansiële adviseur / beplanner
  • Menslike Hulpbronne – menslikehulpbronadministrateur of -praktisyn, menslikehulpbronbestuurder, werwingskonsultant
  • Vervoerekonomie
    • 'n Ekonoom of beplanner vir maatskappye wat te doen het met die maritieme, olie- en gassektor, en ingenieurswese
    • 'n Strategiese bestuurder in vervoerbeplanning in die regering wat aan dokumente soos die Dept van Vervoer en Openbare Werke se Provinsiale Volhoubare Vervoerprogram werk
  • Finansiële bestuur – finansiële direkteur, finansiële adviseur, finansiële ontleder
  • Bemarkingsbestuur – bemarkingsbestuurder, advertensiebestuurder, promosiebestuurder, handelsmerkbestuurder, bemarkingsnavorser
  • Volhoubare Ontwikkeling – loopbaanvooruitsigte is breed en kan werk as konsultant, navorser, projekbestuurder, beleidmaker en entrepreneur insluit
  • Strategie en Innovasie – strategiese bestuurskonsultant, innovasiebestuurder, strategiese beplanning en verslagdoening

Vir die kurrikulum van die BCom (Bestuurswetenskappe) (Verlengdekurrikulumprogram), raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 81.