Beste student,

Jy is uitgenooi om aan ‘n studie deel te neem, waarvan die resultate sal bydra tot my Meestersgraad in Algemene Taalwetenskap. As Afrikaans jou eerste taal is en Engels jou tweede taal, en jy tussen 18 en 40 jaar oud is, kwalifiseer jy om aan die studie deel te neem.

Die studie handel oor taal en besluitneming in ‘n bemarkings konteks. Jy sal gevra word om kort advertensies (“slogans’) te lees en vrae daaroor te antwoord. Die vraelys sal ongeveerd 15-20 minute vat om te voltooi. Jy sal gevra word om kort advertensies te lees en die vrae wat volg in te vul. Die studie word afgesluit deur ‘n agtergrondvraelys.

Nadat jy die opname voltooi het, kry jy die geleentheid om deel te neem aan ‘n gelukkige trekking. Die wenner van die gelukkige trekking sal ‘n R500 kontant prys wen.

Jou deelname is heeltemal vrywillig en jy mag weier om deel te neem. Alle antwoorde sal anoniem en geklassifiseer wees, geen identifiseerbare inligting sal gevra word nie.

Kontak my, Doené Adams, as jy enige vrae het oor die studie (20805179@sun.ac.za).

Volg die volgende skakel om deel te neem: https://www.psytoolkit.org/c/3.3.2/survey?s=AhVMs