Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe nooi alumni om ons Breaking Boundaries @BMRI-geleentheid by te woon. Dit is ‘n onafhanklik-georganiseerde byeenkoms wat deel uitmaak van die inwyding van ons wêreldklas Biomediese Navorsingsinstituut op die Tygerberg-kampus.

Breaking Boundaries @BMRI word deur die Fakulteit se bestuurspan aangebied en is daarop gemik om jou te betrek by die onderwerp, Improving lives with breakthrough science. Die doel is om leer en betrokkenheid te bevorder deur die deel van insiggewende idees. Agt gerespekteerde Suid-Afrikaanse denkleiers staan gereed om nuwe en interessante menings oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe te deel en dit sal wonderlik wees as jy by ons kan aansluit.

Laai af: Breaking Boundaries @BMRI Programme (PDF | 167 Kb)

Besonderhede is soos volg:
Datum: Vrydag 14 April 2023
Tyd: 19:00
Plek: BMNI-konferensiesentrum, Universiteit Stellenbosch Tygerberg-kampus, Parow
Koste: R50 (klik hier om jou kaartjies te koop)