Sihambe Projek

Die Sihambe-inisiatief is ‘n gemeenskapsuitreikprogram waarin musiekopvoeding as ‘n middel gebruik word om die stemlose jeug in die Stellenbosch-area te bemagtig. Karen Jonas, ‘n gegradueerde BMus-student van die Universiteit Stellenbosch, het die inisiatief in 2013 gestig. Jonas is in die Orff-benadering tot musiekopvoeding opgelei en het die waarde daarvan gemerk met haar intrede tot die veld van musiekopvoeding, veral met die onderrig van musiek-ongeletterde studente. Die Sihambe-inisiatief benuttig die Orff-benadering en -instrumente om musiekonderrig aan studente van die Jeuguitreik-huis in Stellenbosch te bied.

Lees meer…

facebook

Video:

youtube-logo-21