Skip to main content

Arthur Feder

By September 15, 2016October 27th, 2016Uncategorized @af

afeder@sun.ac.za

Arthur verwerf die grade BMus Hons (Komposisie) cum laude aan die Universiteit Stellenbosch in 2011, en MMus (Komposisie) cum laude in 2015, met die fokus op orkestrasietegnieke vir die blaasorkes.

Arthur is passievol oor die bevordering van nuwe werke deur jong komponiste, en van 2010-2014 was hy betrokke by die studente-inisiatief, KOMPOS, en het daardeur bygedra tot première-uitvoerings van meer as 70 werke vir orkes en kamermusiek. Opdragwerke sluit in verwerkings vir die Field Band Foundation, die US Jazzorkes, vele kleiner ensembles en werke vir kompetisies en eksamens. In 2012 werk Arthur as ‘n orkestreerder vir die film Die Wonderwerker, en in 2013 word hy gevra om musiek vir die film Vanity Fair te komponeer.

Sedert 2009 ontvang Arthur jaarliks die Samro-beurs vir komposisie, en in 2014 word die merieteprys in die Westerse Kunsmusiekkategorie van die Samro Oorsese Beurs aan hom toegeken. Arthur is tans tutor en bied lesings aan by die Stellenbosch Konservatorium.

Close Menu