Nerina von Mayer is gebore in Johannesburg. Sy het fluitstudies in Kaapstad, Wenen en Londen voltooi, en beskik oor BMus-en MMus-grade in fluitspel. Sy was die wenner van die Jules Kramer-toekenning, en was vir 16 jaar alternatiewe hooffluitis in die Kaapstadse Simfonieorkes en die Kaapstadse Filharmonie. Sy het ook as solis saam met hierdie en ander orkeste opgetree, asook vir die Kaapstadse Konsertklub. As wydbekende solis en kamermusikus het sy heelwat SAUK-opnames gemaak. Na haar uittrede as hoof van die Kaapstadse Musiekkollege is sy nou aktief as eksterne eksaminator vir houtblasers by die Kollege, en vir die Universiteit van Stellenbosch. Sy is ‘n gereelde kompetisie-beoordelaar en hou steeds vol met vryskut doseerwerk en konsertoptredes. Sy is lid van die Hongaarse Trio, een van die bekendste ensembles in Kaapstad.
Merlin Julie is pianis, orrelis en houtblaasspesialis, met fokus op Klassieke en Jazz-genres, en is ook afrigter van skool- en kerkkore. Ensembles wat tans deur hom gelei word is die Steenberg Gemeenskap se Big Band, “Just Friends”, ‘n saxofoonkwintet en ‘n “Christmas Band”. Hy het opgetree as opleier van simfoniese houtblaasorkeste, klarinet-ensembles, saxofoon-ensembles en big bands asook musekdirecteur vir etlike plaaslike en internasionale musiekproduksies. Hierbenewens het hy bykans 40 jaar ervaring as musiekonderwyser vir grade 8 tot12.
Julie is ‘n oudstudent van Rhodes Universiteit (BMus, MMus en Musiekterapie) en het meestersgrade van Wayne State University, en die Universiteit van Detroit behaal.
Julie is tans musiekdirecteur van die Steenberg Hoërskool se blaasorkesprogram, leier van die blokfluitprogram by die Floreat en Steenberg Primêre skole, en deeltydse dosent aan die Universiteit van Stellenbosch se Sertifikaatprogram, wat ook die fasilitering by die satellietkampus van Steenberg Hoërskool insluit.
Wesley de Villiers het reeds as sesjarige die blokfluit gespeel, en vannaf oudedom tien ook orrel en klavier. Op skool (Wynberg Hoërskool) het hy musiek as vak geneem, en vanaf 2012 was hy ‘n ingeskrewe student vir die Universiteit van Stellenbosch se Sertifikaatprogram, waar hy die ontvanger was van die Karin Maritz-musiektoekenning. In 2014 het hy onderrig in musiekteorie by die satellietkampus van die Youngsfield Weermagbasis by Cheryl George ontvang het. Tydens sy studies by die horingdosent Sean Kierman het hy Musiekteorie-eksamens grade 7 en 8 (Unisa) met onderskeiding voltooi. Hy was lid van verskillende ensembles, insluitend nasionale Blaas- en simfonieorkeste, die Suid-Afrikaanse Weermagorkes, die UWK Blaasorkes en -Koperblaaskwintet, en die Kaapstadse Filharmoniese orkes.
Sedert 2015 was hy behulpsaam met studente-opleiding, en sedert 2019 Sertifikaat-dosent vir Musiekteorie, Musiekgeskiedenis en Analise. Gedurende die tyd het hy Diploma in Musiekteorie, die Diploma in Uitvoering (ATCL), en die Lisensiaat in Musiekvoordrag (LTCL) behaal.
Karin Cronje is ‘n pryswenner-skrywer van etlike romans. In 1979 het sy die BA(Drama)-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ‘n loopbaan as joernalis by versillende koerante en tydskrifte gevolg. Sy het onder meer navoring vir die Instituut vir Justisie en Rekonsiliasie en vir die Sunday Independent gedoen. Sy het ook oorklanking van radiodramas vir die SAUK behartig, en opgetree as aktrise in Kunstekaap-produksies, asook studies in sielkunde ondeneem en gekwalifiseer as fasiliteerder in lewensvaardighede.
Sy was lank nou betrokke by bemarking, en was medewerker van etlike politici en akademici, soos die Nobelpryswenner Nadine Gordimer en skrywers soos Wally Serote en Mandla Langa, die vorige rektor van die Universiteit van Kaapstad Mamphela Ramphele, LP Jeremy Cronin, ‘n vorige minister van Onderwys Kader Asmal, en tekenaar Zapiro.
Tussen 2006 en 2008 het Karin Engels in Suid-Korea gedoseer, voor sy teruggekeer het na Suid-Afrika. Haar roman Alles mooi weer is in dieselfde jaar uitgegee, waarvoor sy Jan Rabie/Rapportprys ontvang het.
In 2010 het sy angesluit by die Universiteit van Stellenbosch se Sertifikaatprogram aan die satellietkampus by die Youngsfield-Weermagbasis, waar haar pligte die onderrig van Akademiese Geletterdheid en Engels insluit. Sy doseer ook navorsingsmetodologie en –skryfkuns, sowel as voordrag, kommunikasie en lewensvaardighede.
Lisa-Mari Janse van Rensburg het in Kuilsrivier en Stellenbosch grootgeword. Sy is reeds vanaf ‘n jong ouderdom by musiek betrokke. Een van die hoogtepunte van haar vroeë betrokkenheid by musiek was die geleentheid om deel te wees van die Tygerberg Kinderkoor. Gedurende hierdie tydperk en voortaan, het haar musikale belange na viool verskuif.
Gedurende haar BMus studies het sy onder Louis van der Watt viool studeer. In hierdie tyd het sy aan verskeie orkes-, ensemble- en solo-uitvoerings deelgeneem, insluitende uitvoerings saam met die Stellenbosch Universiteit Camerata. Sy het meestersklasse in viool by Louise Lansdown, en Barokviool by Pauline Nobes ontvang. In 2014 het sy haar BMus graad ontvang met Musiekopvoeding as hoofvak, en viool as instrument. In dieselfde jaar het sy die UNISA Uitvoerende Kunste Asserering met onderskeiding geslaag. Na voltooing van haar BMus, het sy vir ‘n jaar onder Suzanne Martens met vioollesse voortgegaan. In 2017 het sy haar MMus (Musiekopvoeding) onder Danell Müller (née Herbst) ontvang.
Sy neem aan vryskut orkes/ensemble optredes deel, waarvan gereelde optredes saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes as Ad hoc tutti violis deel vorm. Sy tree ook gereeld saam met die Stellenbosch Universiteit Mediese Orkes op. In 2018 was sy konsertmeester vir ‘n optrede met die Enlighten Simfonie Orkes. Vanaf 2019 gee sy voltyds viool by Beau Soleil Musieksentrum.
Komponis Allan Stephenson is gebore op 15 Desember 1949 in Wallasey, Cheshire, Engeland, en het met klavier op sewejarige ouderdom begin, en op 13 tjello. ‘n Jaar later het hy tjellis van die Merseyside Jeugorkes geword, en ook kamermusiek met vriende beoefen, koor gesing en vertroud geraak met die tromboon en tuba.
Sy naskoolse studies was aan die Royal Manchester College of Music, tussen 1968 en 1972. Dit was ook daar waar sy eerste komposisies ontstaan het. Gedurende dié tyd was hy eerste tjellis van die First Orchestra, en saam met Liverpool Filharmoniese orkes opgetree, en as vryskut-musikus ‘n bestaan gemaak.
In 1973 het Stephenson ‘n pos in die Kaapstadse Simfonieorkes aanvaar, waar hy ook ‘n suksesvolle loopbaan as dirigent, komponis en tjellis gehad het, en steeds werksaam is.
Mariechen Meyer het haar kontrabasstudies as tienjarige onder Peter Guy in Bloemfontein begin. Tydens haar voorgraadse studies aan die Universiteit van Stellenbosch is sy afgerig deur Roxane Steffen en Bradetich aan die Universitiet van Noord-Texas. Reeds as ‘n beginner was Mariechen gefassineer met belangrike rol van dié instrument as ‘n solo- en kamermusiekinstrument, en dat dit ten beste in staat is om die bas as ‘n essensiële element in die musiek te verteenwoordig. Sy is tans ‘n kenner en bevorderaar van die instrument. HHHHHHHhHHHHHaar vaardighede as kontrabassis het gelei tot talryke plaaslike en internasionale ervarings soos haar samewerking met die Amerikaanse Bassinova Kwartet en die iPalpiti Artists International, haar deelname aan internaionale kompetisies en die bywoning van meesterklasse en werkswinkels in Amerika en Europa. Optredes as solis saam met Universiteit van Noord-Texas se simfonieorkes (2013), die Kaapstadse Filharmonie (2008) en die Johannesburgse Simfonieorkes (2004) het verder bygedra tot haar ervaringswêreld. Na voltooiing van haar doktorale studies in Amerika het sy teruggekeer na Suid-Afrika as vryskut-kontrabassis, private onderwyser en deelltydse dosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar doelwitte is om navorsing rondom haar instrument, toewyding aan die opvoedingstaak en die bevordering van die instrument en klassieke musiek in die gemeenskap.
Stephanie Vos is the projekleier van die Interdissiplinêre Forum vir Populêre Musiek (ifPOP) by Africa Open. Haar navorsingsbenadering is ‘n oorbrugging van dissiplinêre grense (self -ballingskap en verplasing), en ‘n musiekpraktyk (Suid-Afrikaanse jazz) wat buite die bestaande verstaan van die genre probeer beweeg, veral met betrekking tot die begrip van die “populêre”. Haar proefskrif (Royal Holloway, Universiteit van Londen), was ‘n ondersoek na diskoerse rondom die Suid-Afrikaanse ballings in die 1960s, deur die jazz-lens, met Abdullah Ibrahim se musiek van die sestigerjare as fokuspunt.
Stephanie het onderrig gegee by UNISA en was tutor by die Universiteit van Stellenbosch en die Royal Holloway. Sy het navorsingsvoordragte by etlike konferensies in die VSA, VK, Europa en Suid-Afrika, en is tans sekretaris van die Suid- Afrikaanse Vereniging vir Musieknavorsing. Sy eksperimenteer met die interskakeling tussen die akademiese en die publieke sfeer, en het in dié verband films in die VK versorg, en twee simposia oor musiek en selfballingskap georganiseer, in samewerking met die Goethe-Instituut (Johannesburg). ifPOP is die realisering van ’n interdissiplinêre navorsings- en artistieke omgewing wat sy graag sien as haar toekomstige taak.
Stephanus Muller is Professor van Musiek en Direkteur van Africa Open, Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie (AOI)(https://aoinstitute.ac.za/), ‘n navorsingsinstituut wat outonoom van die Musiekdepartement funksioneer in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Hy werk en publiseer oor Suid-Afrikaanse komponiste, en binne die konteks van die instituut verskaf hy studieleiding aan studente wat werk op akademiese onderwerpe, uitvoerings-gebaseerde studies en komposisie. Hy is die mede-redakteur van South African Music Studies(SAMUS) (https://www.sasrim.ac.za/samus/), en die uitgewer van herri(https://herri.org.za). Vir meer inligting oor sy navorsing en publikasies, kyk https://aoinstitute.ac.za/fellow_core_team/stephanus-muller/ en https://en.wikipedia.org/wiki/Stephanus_Muller
Renée (Belcher) van den Berg behaal in 2012 die graad MMus Musiekterapie (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Sy werk daarna as ʼn musiekterapeut en terapeutiese musiekpraktisyn in verskeie kontekste (bv. volwassene-psigiatrie, pediatriese palliatiewe sorg, demensie-sorg en neuro-rehabilitasie). Sy tree ook as fasiliteerder op in skeppende werkswinkels vir persone wat in die Kunste werksaam is.
Sedert sy die Hons BA in Engelse Letterkunde en die Lisensiaat in Saxofoon in 2000 behaal, gee sy onderrig in saxofoon, klarinet en blokfluit, asook vakmusiek, jazz ensemble en orkes. Sy was vir baie jare betrokke by vele gemeenskapsmusiekprojekte, soos die Wes-Kaapse Musiekopvoedingsprojek (Western Cape Music Education Project) met Ronnie Samaai (Kuilsrivier), asook die Frank Pietersen-musieksentrum (Paarl) waar sy aan die hoof van die Blasersdepartement gestaan het. Tydens haar betrokkenheid as ʼn kunstejoernalis en rubriekskrywer vir die Afrikaanse dagblad Die Burger het sy in jazz en kultuur-/plekspesifieke musiek (insluitend musiek van Zimbabwe, Senegal, Japan, Frankryk, Spanje en Nieu-Seeland) gespesialiseer. As uitvoerende kunstenaar het sy al opgetree met musikante, komponiste en skrywers soos Johannes Kerkorrel, Schalk Joubert, Laurinda Hofmeyr, Pierre-Henri Wicomb en Willemien Brümmer.
As ʼn musikus wat reeds musiek gemaak het met mense van 6 maande tot 80 jaar oud besef Renée die waarde van musiek-maak as ʼn instrument waardeur ʼn sin van bemeestering, vervulling, betrokkenheid en gemeenskap gekweek kan word, om nie te praat van die groot vreugde wat dit aan ons as mense kan verskaf nie. As ʼn lewenslange leerder op die gebied van musiek, gesondheid en welwees sien sy daarna uit om met haar PhD te begin.
As dosent in Orkesstudies en Onderrigmetodiek bring Renée ʼn magdom van ervaring en insig as onderwyser, terapeut en joernalis na die Saxofoon-afdeling.