Met elke bietjie wat jy skenk, help jy die studente om hul graad met selfvertroue te behaal. Jou skenkings is 'n geringe manier om 'n groot verskil in hul lewens te maak. Wil jy graag deel wees van iets groots? Ondersteun vandag ons fietsryers en hul saak. Klik eenvoudig op 'n naam en skenk.
Belastingvoordele van jou skenking
Die Universiteit Stellenbosch SA Stigting VK is 'n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie in die Verenigde Koninkryk en Nederland.
Jy mag jou skenking aan die bogenoemde veldtog in al twee lande teen jou jaarlikse inkomste verklaar.
Sluit aan by ons span in 2025
Wil jy deel wees van ons span in 2025? Die fietsrit is op Sondag 14 September 2025.
Sluit nou aan en kry 'n voorsprong met die fondsinsameling vir 2025.
Registreer asseblief vir die rit deur HIER te klik.
NB: Waar dit sê Samel jy geld vir 'n liefdadigheidsorganisasie in, kies asseblief Ja.
Op die volgende aftreklys kies jy dan Ek ry vir 'n liefdadigheidsorganisasie wat nie hieronder gelys word nie.
Kies 07:00 as jou wegspringtyd want die hele span wil op dieselfde tyd wegspring en saam fietsry.
Sodra jy geregistreer het, e-pos darrynh@sun.ac.za om te bevestig dat jy ingeteken het.
Jou doelwit is om £500 in te samel vir die VK-EU-beursfonds. Alle fietsryers wat die £250-kerf voor die rit bereik, ontvang 'n gratis Matie-fietsryhemp.