VERVOERDIENSTE

Vervoerdienste

Vervoerdienste bied aan die Universiteit Stellenbosch (US) en sy personeel kostedoeltreffende, volhoubare vervoerkeuses vir opleidings-, navorsings-, sport- en kultuurdoeleindes en ander verwante behoeftes.

Ons bestuur en bedryf die US se totale voertuigvloot, die voertuigpoel en departementele voertuie. Vervoerdienste verskaf ook voertuigfinansiering aan personeel, beding pryse vir die koop en verkoop van voertuie en hanteer alle aankope en verkope van amptelike US-voertuie.

Die US se Geïntegreerde Vervoerplan is daarop gemik om die hoë volume motorverkeer op die US se kampusse te verminder. Die parkeerbestuurstelsel en ’n kombinasie van loop, fietsry, kampuspendeldienste, saamryklubs en openbare vervoerdienste word nou gebruik om ’n meer volhoubare, omgewingsvriendelike kampus en dorp te vestig.

Ons is daartoe verbind om die Universiteit Stellenbosch op die doeltreffendste en volhoubaarste wyse moontlik aan die beweeg te hou.