VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigpoel

Reiseise

Voordat personeellede hul eie voertuie gebruik, moet hulle eers vasstel of die voertuigpoel nie ’n beskikbare voertuig het nie. Indien geen voertuig beskikbaar is nie, kan personeellede hul eie voertuie gebruik. ’n Aansoekvorm moet vervolgens vir die vergoeding van reisgeld voltooi en aan die voertuigpoel, K102, voorsien word, tesame met ’n goedgekeurde rekwisisie.

’n Werknemer wat nie ’n maandelikse vervoer-/reistoelae ontvang nie, kan ’n maksimum van R3.82 per kilometer (belastingvry) eis. Die eise van werknemers wat ’n vervoer-/reistoelae ontvang, insluitend dié wat minder as R3.82 per kilometer beloop, is ten volle belasbaar. Dit is dus in die meeste gevalle nie raadsaam om meer as R3.82 per kilometer te eis nie.

Aansoekvorms vir vergoeding en kilometertariewe vir bepaalde enjingroottes kan afgelaai word via die skakels wat hier aangetoon word.

Kontakpersoon

Eric van Niekerk   
 021 808 4548   
 ericvn@sun.ac.za