VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigpoel

Tygerberg

Voertuie word vir amptelike gebruik aan personeel en studente beskikbaar gestel, soos byvoorbeeld vir navorsing, kliniese rotasies, sport- en kultuuraktiwiteite. Geen private ritte mag onderneem word nie. Bestuurders moet in besit wees van ’n geldige rybewys wat ten minste een jaar oud is en op versoek getoon moet word.

Sleutels vir bespreekte voertuie kan Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00 by die besprekingskantoor agter die elektiewe behuising, langs die swembadmuur en oorkant die periferieparkeergebied P11 afgehaal word. Toegang tot die Voertuigpoel se hekke word verkry deur jou personeel-/studentekaart teen die toegangsbeheerstelsel te druk en daarna (binne drie sekondes) die identiteitskaart van die gehuurde voertuig.

Bestuurders ontvang ’n ritkaart, wat ten opsigte van elke voertuig wat gehuur word, volledig voltooi moet word. Hulle ontvang hiermee saam ’n sleutel wat ná gebruik van die voertuig by die besprekingskantoor ingegee moet word. Indien dit na-ure is, moet die sleutels in die muurgleuf van die gebou aan die linkerkant net buite die uitgangshek geplaas word. Dit is verpligtend om die voertuig te sluit. Besprekingstye en -reëls moet streng nagekom word. Kansellasies moet 24 uur voor vertrektyd gedoen word om ’n boete te vermy.

Enige skade aan ’n voertuig moet voor vertrek by die besprekingskantoor aangemeld word en op die ritkaart onder klagtes/defekte aangedui word. Skade wat na ure plaasvind, moet op die ritkaart aangedui en met terugkeer by die besprekingskantoor aangemeld word.

In die geval van diefstal of ’n ongeluk, skakel onmiddellik 021 938 9349/50/51 (08:00 - 16:30) of Kampussekuriteit (na ure) by 021 938 9500/7.

Voertuie en bestuurders beskikbaar

Die betrokke departement sal aanspreeklik wees vir die koste van enige skade wat tydens ’n rit veroorsaak word.

Reëls en regulasies

Klik hier om ’n afskrif van die reëls en regulasies met betrekking tot die gebruik van die Tygerberg-voertuigpoel af te laai.

Tariewe

Kilometer- en dag tariewe

Kontak

Donovan Peters (Pietie)
021 938 9351 
pietie@sun.ac.za

Elzaan van der Merwe
021 938 9351 
meis@sun.ac.za