VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Departementele voertuie

Bedryf van voertuie

Maandelikse bywerking van ritte/ritstate

  • Elke departement moet ’n rekord van alle ritte byhou. Ritte moet teen die 10de van die daaropvolgende maand bygewerk word, anders sal dit outomaties deur die stelsel bygewerk word.
  • Sorg asseblief dat al die voertuie van die betrokke departement in die program EVP209P weerspieël word en dat die kilometerlesings op datum is. Kontak x4616 Finansiële en Bestuurstelsels om hierdie program te kry.
  • Inskrywings moet ’n kalendermaand dek, met ander woorde van die eerste van die maand tot die laaste dag van die maand (30/31ste).
  • Let wel: As ritte nie teen die 10de opgeteken kan word nie, stuur asseblief ’n e-pos na llang@sun.ac.za om alternatiewe reëlings te tref.
  • Stel asseblief Voertuigdienste in kennis as die persoon verantwoordelik vir die administrasie verander.

Vergelyk maandelikse transaksieverslag met brandstofkaartstrokies

  • Elke departement is verantwoordelik om aan die einde van die maand sy brandstofstrokies met sy transaksieverslag te vergelyk om na te gaan dat die korrekte koste verhaal word.

Lisensies

  • Voertuiglisensies word namens die departement uitgeneem. Diegene betrokke word per e-pos in kennis gestel wanneer die lisensies hernu is.
  • Die skyfie moet so spoedig moontlik by Vervoerdienste afgehaal word.
  • ’n Uitsteltydperk tot die 21ste van die volgende maand word gegun om die skyfie op die voertuig aan te bring, waarna boetes opgelê kan word.

Fakture vir ongelukseise

  • As departementele voertuie in ongelukke betrokke is, moet drie kwotasies vir herstelwerk verkry word. Kwotasies moet na die Versekeringsafdeling (021 808 2809) gestuur word sodat ’n eis aangemeld kan word. ’n Eisvorm moet voltooi word.
  • ’n Assessor word aangestel om reëlings vir die nodige herstelwerk te tref. 
  • Nadat die herstelwerk gedoen is, moet die faktuur na die Versekeringsafdeling vir afhandeling gestuur word.

Verlore of beskadigde brandstofkaarte

  • In die geval van ’n verlore of beskadigde brandstofkaart, kontak Vervoerdienste. Alle voertuiguitgawes moet met ’n brandstofkaart betaal word, waar moontlik.