VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigpoel

Stellenbosch

Voertuie word vir amptelike gebruik aan personeel en studente beskikbaar gestel, soos byvoorbeeld vir navorsing, kliniese rotasies, sport- en kultuuraktiwiteite. Geen private ritte mag onderneem word nie. Bestuurders moet in besit wees van ’n geldige rybewys wat ten minste een jaar oud is en op versoek getoon moet word.

Sleutels vir bespreekte voertuie kan Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00 by die besprekingskantoor in Banghoekweg afgehaal word. Toegang tot die hekke van die voertuigpoel word verkry deur eers jou personeel-/studentekaart teen die toegangsbeheerstelsel te druk en daarna die gehuurde voertuig se identiteitskaart.

Bestuurders ontvang ’n ritkaart, wat ten opsigte van elke voertuig wat gehuur word, volledig voltooi moet word. Hulle ontvang hiermee saam ’n sleutel wat ná gebruik van die voertuig by die hek ingegee word. Indien dit na-ure is, moet die sleutel in die muurgleuf van die gebou aan die linkerkant net buite die uitgangshek geplaas word. Dit is verpligtend om die voertuig te sluit asook om die veiligheidslot te sluit. Besprekingstye en ‑reëls moet streng nagekom word. Kansellasies moet 24 uur voor vertrektyd gedoen word om ’n boete te vermy.

Enige skade aan ’n voertuig moet voor vertrek by die besprekingskantoor aangemeld word en op die ritkaart onder klagtes/defekte aangedui word. Indien dit na-ure is, dui die skade op die ritkaart aan en plaas dit in die muurgleuf van die gebou aan die linkerkant net buite die uitgangshek.

In die geval van diefstal of ’n ongeluk, skakel onmiddellik 021 808 4611 (08:00 –16:30), 021 808 9334 (16:30 – 21:30) en USBD (21:30 – 08:00) by 021 808 4891/2330.

Voertuie en bestuurders beskikbaar

Kilometer- en dag tariewe

Die betrokke departement sal aanspreeklik wees vir die koste van enige skade wat tydens ’n rit veroorsaak word.

Reëls en regulasies

Klik hier om ’n afskrif van die reëls en regulasies met betrekking tot die gebruik van die Stellenbosch-voertuigpoel af te laai.

Tariewe

Kilometer- en dag tariewe

Kontakpersoon

Marieta van Wyk   
021 808 4611   
mvw@sun.ac.za