VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Departementele voertuie

Belangrike prosedures

Maandelikse ondersoeke

  • Voertuie sal maandeliks deur personeel van Vervoerdienste nagegaan word om toe te sien dat dit gediens en in ’n goeie toestand is. Ingevolge ons beleid moet voertuie binne ’n tydperk van vier jaar of 80 000 km vervang word.

Aankoop van voertuie

  • Kontak Vervoerdienste oor die voertuig wat aangekoop moet word. Voervoerdienste sal raad gee as daar onsekerheid is oor die tipe voertuig vir spesifieke behoeftes.
  • Kwotasies word ingevolge die beleid deur Vervoerdienste van Aankoop- en Verskaffingsdienste aangevra.
  • Sodra die suksesvolle tenderaar aangestel is, moet die betrokke departement/afdeling die begroting laai (FBG100P). As ’n krediteur bestaan, moet ’n rekwisisie (EAS500P) teen die kostepunt/rekening6975 gelaai word en Voertuigdienste moet dienooreenkomstig ingelig word.
    As die verskaffer nie ’n krediteurkode het nie, sal betaling via ’n tjekrekwisisie geskied.
  • Voltooi die aankoopvorm sodat Vervoerdienste die tarief (vervangings- of gelykbreektarief) van toepassing op die voertuig kan bepaal.
  • ’n Opsporingstelsel moet in hoërisikovoertuie geïnstalleer word. Vervoerdienste sal die nodige reëlings tref alvorens die voertuig in ontvangs geneem kan word. Met ontvangs van die voertuig sal Vervoerdienste die brandstofkaarte verkry en die nodige plakkers op die voertuig aanbring.

Tipes tariewe

  • Daar is twee tipes tariewe: ’n vervangings- of gelykbreektarief.
  • Vervangingstarief: Ingevolge US-beleid moet voorsiening vir die vervanging en instandhouding van voertuie gemaak word. Wanneer die vervangingstarief bepaal word, word voorsiening gemaak om die voertuig se uitgawes (bv. brandstof, herstelwerk, dienste, lisensie, administrasiekoste, versekering en ander instandhouding) te dek, plus ’n bykomende bedrag om die voertuig aan die einde van die termyn te vervang.
  • Gelykbreektarief: Die gelykbreektarief is bepaal om slegs die nodige bedryfsuitgawes te dek (bv. brandstof, herstelwerk, dienste, lisensie, administrasiekoste, versekering en ander instandhouding).

Berekening van tariewe

  • Tariewe word gegrond op inligting wat van die Vervoerdepartement ontvang word en word volgens prys en enjingrootte bepaal. ’n Kilometertarief, asook ’n minimum dagtarief, word vir elke kategorie bepaal. ’n Minimum dagtarief geld dus slegs as dit vir die betrokke tydperk meer as die kilometertarief beloop.
  • Byvoorbeeld: As ’n voertuig se tarief op R3,00/km met ’n minimum tarief van R100/dag te staan kom en die voertuig word op daardie spesifieke dag 20 km gery, word die tarief soos volg bereken:
    Kilometertarief: R3,00 x 20km = R60
    Minimum dagtarief: R100
    Die bedrag verhaal is dus R100 (hoogste van die twee bedrae).