VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigpoel

Verenigings en koshuise

Verenigings

Voertuie word slegs vir amptelike doeleindes aan geregistreerde studenteverenigings beskikbaar gestel. Geen kontant word hanteer nie, en dus word alle besprekings teen die kostepunt aangeteken en verwerk. Aansoekvorms word ingevul en ingegee wanneer die sleutel ontvang word. Die handtekening van die voorsitter van die organisasie en die Direkteur: Studentesake moet op die aansoekvorm verskyn.

Afdeling A – Voertuigpoel: Die aansoekvorm en/of tariewe is beskikbaar by Marieta van Wyk, 021 808 4611, mvw@sun.ac.za (die aansoekvorm kan ook hier afgelaai word). 

Afdeling B – SR-kantoor: Die tesourier van die koshuis (vereniging) maak ’n bespreking op die rekenaar in die SR-kantoor en skryf die besprekingsnommer onderaan die aansoekvorm neer.

Afdeling C – Studentesake: Keur die aansoek deur Studentebestuur goed. Hulle moet die vorm afteken (tel. 021 808 9149).

Afhaal van voertuig: Vorm word Maandag tot Vrydag (08:00 – 16:00) by die voertuigpoel ingegee, saam met afskrifte van die bestuurder(s) se geldige rybewys. Die sleutels en ritkaart word ingegee. Sleutels van voertuie wat vir ’n naweek (Saterdag en Sondag) bespreek word, moet Vrydag voor 15:00 afgehaal word. Die kantore is naweke gesluit.

Koshuise

Voertuie word slegs vir amptelike doeleindes aan koshuise beskikbaar gestel. Om die koste van ritte te dek, moet geld in die koshuis se kostepunt deponeer word; die rit sal dan in die rekenaarstelsel vasgelê en verwerk word. Aansoekvorms word voltooi en ingegee wanneer die sleutels ontvang word. Die handtekening van die koshuis se tesourier en inwonende hoof moet op die aansoekvorm verskyn.

Afdeling A – Voertuigpoel: Die aansoekvorm en/of tariewe is beskikbaar by Marieta van Wyk, 021 808 4611, mvw@sun.ac.za (die aansoekvorm kan ook hier afgelaai word). 

Afdeling B – Tesourier: Die vereniging se tesourier maak ’n bespreking op die rekenaar in die koshuis en skryf die besprekingsnommer onderaan die aansoekvorm neer.

Afdelings C – Koshuishoof: Keur die amptelike funksie goed deur die vorm te onderteken.

Afhaal van voertuig: Vorm moet Maandag tot Vrydag (08:00 – 16:00) by die voertuigpoel ingegee word, saam met afskrifte van die bestuurder(s) se geldige rybewys. Die sleutels en ritkaart word ingegee. Sleutels van voertuie wat vir ’n naweek (Saterdag en Sondag) bespreek word, moet Vrydag voor 15:00 afgehaal word. Die kantore is naweke gesluit.