VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigfinansiering

Alle permanente, voltydse of deeltydse werknemers asook kontrakwerkers (vir die duur van hul kontraktydperk) wat in besit van ’n geldige rybewys is, kan aansoek doen om ’n lening ingevolge die voertuigfinansieringskema.

Die bedrag van die lening word tot 90% van die voertuig se mark-/herverkoopwaarde beperk. Die paaiement vir terugbetaling (rente ingesluit) is beperk tot 25% van die personeellid se maandelikse pensioendraende salaris en moet terugbetaal word met 60 maandelikse paaiemente van gelyke waarde vir voertuie met minder as 250 000 km of 72 gelyke maandelikse paaiemente vir voertuie jonger as 24 maande en met minder as 40 000 km. Maandelikse rente sal op die lening gehef word.

Die US is ’n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet (NCA) en aansoeke is onderworpe aan normale kredietsifting.

Neem asb kennis: Motorfinansiering sluit 1 Desember 2023 en sal weer op 16 Januarie 2024 heropen. Kontak asseblief Lelanie Langford by (021) 808 4675 of e-pos llang@sun.ac.za vir enige navrae.

As jy die land met jou voertuig wil verlaat, moet ’n grensbrief by ons kantore afgehaal word. Skakel asseblief (021) 808 4548 met die volgende inligting: datums van oorgang en terugkeer, asook die grens waar jy sal oorgaan of terugkeer, die fabrikaat en model van die voertuig en die registrasienommer van die voertuig.