Digitale Skenkersnuusbrief | Lente 2023

BANKSETA is 'n statutêre liggaam gevestig deur die Wet op Vaardigheidsontwikkeling van 1998 om sy belanghebbendes in staat te stel om die nasionale en globale posisie van die bank- en mikrofinansiering sektor te bevorder. BANKSETA bevorder, soos gelei deur sy mandaat, billike indiensneming en breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging deur vaardigheidsontwikkeling en dan ook die ontwikkeling van mense deur middel van vennootskappe, verligting van werkloosheid wat tot verandering sal lei en sodoende 'n blinker toekoms sal skep. 

Nobuzwe Mangcu, BANKSETA-streeksbestuurder: Oos-Kaap en Wes-Kaap, sê: “Die skenking van R3 654 000 00 is in ooreenstemming met ons mandaat om beurse aan studente te bied wat by openbare hoëronderwysinstellings geregistreer is om te leer en te studeer vir kwalifikasies wat ooreenstem met ons sektor se vaardigheidsbehoeftes. Dit is om te verseker dat studente oor die nodige bevoegdhede sal beskik om by die arbeidsmag aan te sluit nadat hulle hul studies voltooi het.”

Sy het bygevoeg dat die befondsing, wat uitgawes soos onderrig, handboeke en verblyf op of buite die kampus dek, oop is vir studente wat by die US geregistreer is vir die jaar waarvoor die befondsing goedgekeur is. Studente uit 'n voorheen benadeelde agtergrond met 'n gemiddelde slaagsyfer van 60% en hoër sal voorkeur geniet.

BANKSETA adverteer jaarliks  die  finansieringsvenster aan alle openbare universiteite om aansoek te doen vir die befondsing van geregistreerde studente. Die US het tot dusver finansiële steun van BANKSETA ontvang van altesaam R6.2 miljoen in 2018 en R2.3 miljoen in 2017.