Eenheid vir Filmmusiek (FILMUS)

FilmUS spesialiseer in die skep, opname en naproduksie van klankbane vir film en televisie. FilmUS is ‘n interdissiplinêre eenheid wat ontwikkelingsgeleenthede bied in die vakgebiede van musiektegnologie, komposisie, uitvoering en dirigeerkuns binne ‘n kommersiële konteks. Vele instansies van hoër onderwys bied kursusse aan in filmmusiek, maar ons benadering is uniek omdat die platform vir al ons opleidings- en navorsingsaktiwiteite ware produksieomgewings is wat dienste aan die filmbedryf bied.

FilmUS word ondersteun deur al die noodsaaklike hulpbronne wat insluit grootskaalse opname-fasiliteite, ‘n uitstekende orkes en tegniese vaardighede. FilmUS het geweldig gegroei sedert ons eerste projek met die Oscar-bekroonde komponis, Trevor Jones, in 2011. Dit is gevolg deur verskeie plaaslike en internasionale produksies soos Zambezia, waarvoor die klankbaan ‘n Annie-nominsaie ontvang het; Skoonheid , wat bekroon is met ‘n ‘un certain regard’ by die Cannes-filmfees; asook Khumba, die mees wyd-verspreide film in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse filmbedryf.