Skip to main content

Barry Ross

By September 15, 2016October 27th, 2016Uncategorized @af

bross@sun.ac.za

Barry Ross is ʼn nadoktorale genoot by die Suid-Afrikaanse Musiekkollege aan die Universiteit van Kaapstad. Sy navorsing handel hoofsaaklik oor die kognitiewe verwerking van toonhoogte, en spesifiek die verhouding tussen intonasie en toonhoogte-kognisie in musiek van Oos-Afrika. Ross verwerf ʼn PhD by die Sentrum vir Musiek en Wetenskap, Universiteit van Cambridge, waar hy onder leiding van Ian Cross die kognitiewe verwantskap tussen linguistiese en musikale sintaksis bestudeer en die konsep van geïntegreerde prosessering van musikale struktuur ondersoek. Hy ontvang sy BMus (Hons) en MMus in musikologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Navorsing vir sy meestersgraad (onder prof. Winfried Lüdemann en dr. JP Smit) het gehandel oor die ontwikkeling van ʼn naturalistiese teorie vir kommunikatiewe betekenis in musiek. Verdere akademiese belangstellings sluit in die oorsprong van menslike musikaliteit, die kognitiewe struktuur van tonale kennis oor die algemeen, kommunikasie en betekenis in musiek, en verskeie onderwerpe aangaande analitiese filosofie.

Ross is deeltydse dosent aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Musiek waar hy onder andere modules aanbied oor 20ste-eeuse musiekgeskiedenis (Musikologie 242) sowel as inleiding tot musiekpsigologie (deel van Musikologie 444).

 

Close Menu