Skip to main content
Category

Uncategorized @af

Inge Wessels

By Uncategorized @af

ingepwh@gmail.com

Inge Wessels begin met harp onder Cathleen Alistair en sit haar studies voort by die Johannesburg-skool vir Kuns, Ballet, Drama en Musiek onder Hester Krausey. Sy verwerf haar BMus (cum laude) en BMus Honneurs aan die Universiteit Stellenbosch onder Jane Theron, waar sy ook die Konservatorium Stipendium ontvang. Wessels sit haar studies voort in Parys, Frankryk, onder Marielle Nordmann en Joanna Kozielska.

Wessels is sedert 2010 dosent in harp aan die Universiteit Stellenbosch, en tree ook op in kamermusiekensembles en verskeie orkeste, insluitend die US Simfonieorkes en die Kaapse Filharmoniese Orkes. Sy neem deel aan internasionale harpfeeste in Wallis (Wêreld-harpfees in Cardiff) en Japan (as deel van die 40+ Harpensemble-fees in Hakone en Tokio onder wyle dr. Mimura). Hierbenewens het sy meesterklasse in harp ontvang van Isabelle Perrin (Frankryk), Mario Falcao (VSA), Sebastian Lipmann (Australië), David Watkins (VK) en Marielle Nordmann (aan die Academie Internationale d’Ete de Nice, Frankryk).

Emile de Roubaix

By Uncategorized @af

emilederoubaix@gmail.com

Emile de Roubaix begin sy vioolonderrig op die ouderdom van 10 onder Madelein van Rooyen by die Hugo Lambrechts Musieksentrum. Hy verwerf later die grade BMus en BMus Honneurs (cum laude) in viooluitvoering aan die Universiteit Stellenbosch onder leiding van Louis van der Watt en Suzanne Martens onderskeidelik. In 2003 vorm hy deel van Trio Stellenbosch as violis, wat die Universiteit Stellenbosch by die 30ste Internasionale Week van die Universität für Darstellende Kunst und Musik in Graz, Oostenryk, verteenwoordig.

Gedurende 2005-2007 voltooi De Roubaix sy MMus in altviool (cum laude) onder Predrag Katanic aan die Royal Northern Musiekkollege in Manchester, Verenigde Koninkryk. Hy ontvang die kollege se Thomas Barrat-prys vir altviool, en was altviolis vir die groepe wat in 2006 en 2007 die Granada-prys vir gemengde kamermusiekensembles ontvang.

De Roubaix tree vervolgens as vryskutmusikant saam met verskeie professionele orkeste op, onder meer Hallé, Birmingham-stad Simfonieorkes, Royal Liverpool Filharmoniese Orkes, The English Concert, Age of Enlightenment-orkes, en Glyndebourne Touring Opera. Hierbenewens het hy in Noorweë saam met die Bodø Sinfonietta, die Tromsø Kamerorkes en die Stavanger Simfonieorkes gewerk, en deur die noorde van Noorweë saam met die Arktiese Filharmoniese Orkes getoer.

De Roubaix was van 2012-2015 deel van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees se altvioolfakulteit. Hy gee deeltyds musiekonderrig en tree in en rondom Kaapstad, waar hy tans woonagtig is, as professionele vryskutmusikant op.

Louis van der Watt

By Uncategorized @af

lvdw2@sun.ac.za

Louis van der Watt is sedert 2000 verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch en is tans senior lektor in viool en altviool en hoof van die strykersdepartement. Hy begin sy vioolstudies op 10-jarige ouderdom onder Jack de Wet en speel vanaf ’n jong ouderdom in orkeste. Hy behaal die grade BA en BA Hons(Filosofie) albei cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat. Tydens sy studiejare aan die UVS was hy lid van die Vrystaatse Simfonieorkes, lid en voorsitter van die universiteitskoor sowel as lid van die studenteraad. Hy ontvang in sy honneursjaar die Dux-toekenning vir hoogste akademiese prestasie aan die universiteit.

Louis sit sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch voort waar hy sy BTh-graad en die Lisensiaat in Teologie, albei cum laude, verwerf. Hy gaan voort met sy vioolstudies onder Eric Rycroft en slaag die UNISA Onderwyslisensiaat en die Royal Schools Voordraers- en Onderwyslisensiate met onderskeiding. Hy slaag ook die UNISA finale eksamen in orrel met onderskeiding. Aan die US speel hy in die Stellenbosse Strykorkes en is konsertmeester van die US Simfonieorkes (USSO) – hy tree verskeie kere as solis saam met hierdie orkeste op. In hierdie tyd was hy ondervoorsitter van die universiteitskoor, primarius van Majuba Manskoshuis en lid van die Teologiese Studenteraad.

Vanaf 1971-1984 was hy lid van die SA Nasionale Jeugsimfonieorkes; daarna word hy voltydse lid van die destydse KRUIK-orkes, ekstra speler in die Kaapstadse en NARUK Simfonieorkeste en konsertmeester van die Kaapstad Kamerorkes. Hy was ook lid van die Libertaskoor.

Hy was van 1986-1998 Departementshoof: Strykers aan die Hugo Lambrechts Musieksentrum, waartydens sy leerlinge al die groot kompetisies in Suid-Afrika wen. Hy stig die Hugo Lambrechts Strykorkes wat groot welslae by kunswedstryde behaal en ook saam met die Libertaskoor optree in ses uitvoerings van Handel se Messias toe die gemiddelde ouderdom van die orkeslede 13 jaar was. Hy verwerf in hierdie tyd ook die grade BMus aan UNISA en BMus (Hons) (cum laude) deur die Universiteit van Stellenbosch.

Louis was van 1996 tot 2018 dirigent van Canticum Novum Koor, wat in April 2015 op uitnodiging deelgeneem het aan ’n uitvoering van Mozart se Kroningsmis in Carnegie Hall, New York. Hy is gasdirigent van die USSO en was vir baie jare gasdirigent van die strykorkes by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Jeugorkeskursus. Hy is ’n voormalige dirigent van die Stadskoor Tygerberg, en het waargeneem as dirigent van Schola Cantorum, die akademiese koor van die US Musiekdepartement.

Danksy sy belangstelling in kerkmusiek – hy is sedert 1981 voltyds kerkorrelis – voltooi hy in 2012 ’n MMus in kerkmusiek (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy ontvang sy PhD van die Universiteit Stellenbosch in 2020.

Louis tree gereeld op as lid van die US Camerata en speel ook barokviool en barokaltviool as lid van die US Baroque Ensemble en as ad hoc-lid vir Camerata Tinta Barocca. Hy tree op as UNISA-eksaminator (alle instrumente) en as eksterne eksaminator vir talle universiteite regoor Suid-Afrika sowel as die Windhoek Konservatorium. Hy word gereeld gevra om te beoordeel tydens verskeie kunswedstryde landswyd en talle vooraanstaande nasionale musiekkompetisies.

Prof Winfried Lüdemann

By Uncategorized @af

wl@sun.ac.za

Winfried Lüdemann is `n Emeritus Professor in Musiekwetenskap, voormalige Voorsitter van die Departement Musiek en voormalige Visedekaan: Kunste in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.  Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat gegradueer en dit met verdere studies aan die Universiteit van Hamburg opgevolg. Hy was vir drie opeenvolgende termyne voorsitter van die Musiekwetenskapvereniging van Suidelike Afrika (1995 – 2002). In 2003 was hy as Besoekende Professor van die British Academy betrokke by die universiteite van Southampton en Cambridge. Sy navorsingsbelangstellings sentreer rondom Duitse musiek tussen die twee wêreldoorloë, musiekestetika, Suid-Afrikaanse musiek en musiek en evolusie. Hy het navorsingsreferate in Suid-Afrika, Duitsland, Engeland, Italië en Nederland gelewer. Publikasies sluit talle navorsingsartikels in Suid-Afrikaanse en Duitse vaktydskrifte in, sowel as die boek Hugo Distler. Eine musikalische Biographie (Augsburg 2002). In 2005 is erelidmaatskap van die Musiekwetenskapvereniging aan hom toegeken. Lüdemann is ook as komponis aktief.

Barry Ross

By Uncategorized @af

bross@sun.ac.za

Barry Ross is ʼn nadoktorale genoot by die Suid-Afrikaanse Musiekkollege aan die Universiteit van Kaapstad. Sy navorsing handel hoofsaaklik oor die kognitiewe verwerking van toonhoogte, en spesifiek die verhouding tussen intonasie en toonhoogte-kognisie in musiek van Oos-Afrika. Ross verwerf ʼn PhD by die Sentrum vir Musiek en Wetenskap, Universiteit van Cambridge, waar hy onder leiding van Ian Cross die kognitiewe verwantskap tussen linguistiese en musikale sintaksis bestudeer en die konsep van geïntegreerde prosessering van musikale struktuur ondersoek. Hy ontvang sy BMus (Hons) en MMus in musikologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Navorsing vir sy meestersgraad (onder prof. Winfried Lüdemann en dr. JP Smit) het gehandel oor die ontwikkeling van ʼn naturalistiese teorie vir kommunikatiewe betekenis in musiek. Verdere akademiese belangstellings sluit in die oorsprong van menslike musikaliteit, die kognitiewe struktuur van tonale kennis oor die algemeen, kommunikasie en betekenis in musiek, en verskeie onderwerpe aangaande analitiese filosofie.

Ross is deeltydse dosent aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Musiek waar hy onder andere modules aanbied oor 20ste-eeuse musiekgeskiedenis (Musikologie 242) sowel as inleiding tot musiekpsigologie (deel van Musikologie 444).

 

Arthur Feder

By Uncategorized @af

afeder@sun.ac.za

Arthur verwerf die grade BMus Hons (Komposisie) cum laude aan die Universiteit Stellenbosch in 2011, en MMus (Komposisie) cum laude in 2015, met die fokus op orkestrasietegnieke vir die blaasorkes.

Arthur is passievol oor die bevordering van nuwe werke deur jong komponiste, en van 2010-2014 was hy betrokke by die studente-inisiatief, KOMPOS, en het daardeur bygedra tot première-uitvoerings van meer as 70 werke vir orkes en kamermusiek. Opdragwerke sluit in verwerkings vir die Field Band Foundation, die US Jazzorkes, vele kleiner ensembles en werke vir kompetisies en eksamens. In 2012 werk Arthur as ‘n orkestreerder vir die film Die Wonderwerker, en in 2013 word hy gevra om musiek vir die film Vanity Fair te komponeer.

Sedert 2009 ontvang Arthur jaarliks die Samro-beurs vir komposisie, en in 2014 word die merieteprys in die Westerse Kunsmusiekkategorie van die Samro Oorsese Beurs aan hom toegeken. Arthur is tans tutor en bied lesings aan by die Stellenbosch Konservatorium.

Diederick Basson

By Uncategorized @af

Diederick Basson

wdbasson@sun.ac.za

Diederick Basson studeer onder Danie Smit, Wim Viljoen, Boudewijn Scholten en Pieter de Lange by Hoërskool DF Malan in Bellville en die universiteite van Pretoria, Stellenbosch en Suid-Afrika. Hy verwerf die grade BMus en BMus Honneurs cum laude, voltooi ’n MMus-graad en verwerf ook lisensiate in uitvoering, onderwys en kerkmusiek (orrel) – almal cum laude. Hy het ook UNISA se Graad 8-musiekteorie suksesvol afgehandel. In 1997 sit hy sy studies voort onder wyle Ewald Kooiman, professor in orrel aan die Vrije Universiteit, Amsterdam, en spesialiseer in die interpretasie en uitvoering van die Franse en Duitse barokorrelmusiek. In Mei 2016 is ʼn PhD aan die Noordwes Universiteit (Potchefstroom) aan hom toegeken.

Diederick is tans musiekdirekteur by Somerset College in Somerset-Wes en tree gereeld as solis en begeleier op. Hy is die voormalige redakteur van die joernaal Vir die Musiekleier, voorsitter van die Stellenbosch Kunswedstryd en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 2013 was Diederick medeskrywer van drie skoolhandboeke uitgegee deur Oxford University Press. Hy bied ook die program Sunday Concert op Fine Music Radio in Kaapstad aan.

Gerhard Roux

By Uncategorized @af

groux@sun.ac.za

Gerhard Roux doseer Musiektegnologie. Hy bly aktief besig met die maak van opnames vir albums en films en het die voorreg gehad om saam met verskeie Grammy  en Oscar wenners te werk. Gerhard se produksies het al 14 SAMA nominasies ontvang, Un certain Regard toekenning by die Cannes Filmfees behaal, met die Preis der deutschen Schallplattenkritik bekroon, asook Annie en SAFTA toekennings vir film.

Gerhard se navorsing fokus op die bestuur van komplekse aanpassende aard van klankproduksiestelsels met klem op die sosiotegniese koppelvlakke in kreatiewe omgewings.

Besoek gerus www.gerhardroux.com vir meer inligting.

Luis Magalhães

By Uncategorized @af

luis@luismagalhaes.com

Luis Magalhães het reeds groot lof as solis en kamermusikus ontvang, en hy is al beskryf as ʼn pianis met ’n “wonderlike vol klank” (American Record Guide) en “afgeronde, verfynde tegniek” (Allmusic.com). Benewens talle optredes in Suid-Afrika en sy geboorteland Portugal, het Luis ook sy buiging gemaak in Duitsland, Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, Pole, Nederland, Spanje, Switserland, Rusland, Frankryk, Italië, Brasilië, China, Japan, Zimbabwe, Mosambiek en die Verenigde State van Amerika.

In die ateljee het Luis saam met Frank Stadler, Priya Mitchell, Daniel Rowland, Julian Arp, Gareth Lubbe, Madeline Adkins, Peter Martens en James Austin Smith gewerk. Hierdie vennootskappe het tot gloeiende resensies gelei sowel as ’n gesogte Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (Sama) in 2011. As die een helfte van die Schumann-Magalhães-duo, beter bekend as TwoPianists, het Luis ook ’n verdere vier hoogaangeskrewe CD’s vrygestel, met nog een binnekort op pad. Hierdie samewerking met Nina Schumann is al vergelyk met die duo’s van Ashkenazy-Previn en Argerich-Freire (American Record Guide).

Luis is medestigter van die onafhanklike platemaatskappy, TwoPianists Records, wat sowel plaaslike as internasionale toekennings ontvang het. Hy is medestigter van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, wat sedert 2004 dié voorste klassiekemusiekfees op Afrika-bodem geword het. Hy is ook medestigter van die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium. Luis verwerf in 2011 ’n DMus-graad aan die Universiteit van Kaapstad en is tans medeprofessor aan die Universiteit van Stellenbosch. Luis het ook uitvoerig meesterklasse sowel as lesse aangebied by die befaamde Juilliard Skool in New York, en ook by talle universiteite in Europa, Asië en die Verenigde State van Amerika. As ’n kundige pianis en pedagoog, het Luis ook op die beoordelaarspanele van baie wedstryde gedien, ingesluit die gesogte Tsjaikofski Internasionale Klavierkompetisie vir Jong Musici (2012). Luis is ’n Yamaha International-kunstenaar.

Nina Schumann

By Uncategorized @af

nina@twopianists.com

Nina Schumann kom uit ’n musikale gesin, en ontvang haar vroeë musiekopleiding van Rona Rupert en Lamar Crowson. Haar eerste optrede saam met ʼn orkes was op 15-jarige ouderdom en haar talent trek vinnig die publiek se aandag toe sy die Vyfde Nasionale Musiekkompetisie vir Hoërskoolleerders in 1988 wen. Daarna wen sy die Oude Meester Musiekprys (1989), die Forté Kompetisie (1990) en in 1991 sowel die Wooltru Beurs as die Adcock-Ingram Musiekprys. Sy het meer as 140 concerto-uitvoerings saam met orkeste in Suid-Afrika, Duitsland, Portugal, Skotland, Armenië en die Verenigde State op haar kerfstok, en ongeveer 40 concerto’s in haar repertorium.

In 1993 wen Schumann die Samro Oorsese Beurskompetisie, en die Jules Kramer en Harry Crossley-beurse vir oorsese studies aan die Universiteit van Kaapstad word aan haar toegeken. Sy gaan nog verder deur die gesogte SAUK Musiekprys sowel as die Oude Meester Nasionale Kamermusiekkompetisie in te palm. Internasionale toekennings het gevolg: sy wen pryse vir die Beste Suid-Afrikaanse Pianis in die 1993 UNISA Internasionale Klavierkompetisie, is finalis en spesiale pryswenner by die Shreveport Concerto-kompetisie (1996) en verwerf die derde plek in die Casablanca Internasionale Klavierkompetisie (1997).

Ná voltooiing van haar MMus aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, skryf Schumann in vir ’n doktorsgraad in musiek aan die Universiteit van Noord-Texas onder die toesig van Van Cliburn-wenner, Vladimir Viardo. Sy ontvang ’n aantal akademiese pryse: Dekaansmedalje (UK), Beste uitvoerende kunstenaar (UCLA), Beste uitvoerende kunstenaar (UNT), Beste pianis (UNT) en Beste doktorale student (UNT). Met haar aanstelling as medeprofessor en hoof van klavier aan die Universiteit van Stellenbosch in 1999, word haar doktorsgraad na die Universiteit van Kaapstad oorgeplaas, en die graad in 2005 aan haar toegeken. In 2009 ontvang sy die Universiteit van Kaapstad se Rektorstoekenning vir Uitnemendheid ter erkenning van haar bydrae tot musiek.

Buiten haar sololoopbaan en akademiese lewe, het Schumann ’n hoogaangeskrewe duo gevorm saam met haar man, die pianis Luis Magalhães, eenvoudig getiteld TwoPianists. Hulle CD’s het gloeiende resensies van internasionale publikasies soos Diapason, International Record Review en Allmusic.com ontvang. In 2011 benoem American Record Guide hulle tweede CD as Redakteurskeuse.

Saam met Magalhães is Schumann stigterslid en direkteur van TwoPianists Records, wat wêreldwyd deur Naxos versprei word en sodoende onmiddellike toegang tot die internasionale mark verseker vir die kunstenaars met wie hulle opnamekontrakte sluit. Vir twee agtereenvolgende jare het TwoPianists Records die Suid-Afrikaanse Musiek-toekenning (Sama) vir die Beste Populêre Klassieke Album gewen. Schumann se eerste opname saam met mezzo-sopraan Michelle Breedt, Shakespeare Inspired, het ook die Duitse Critics’ Choice-toekenning ontvang.

Schumann het wêreldwyd by gesogte internasionale instellings en musiekskole, soos die Juilliard Skool, meesterklasse aangebied. Gedurende die 2013/2014-seisoen lewer sy haar langverwagte Wigmore Hall en Zürich Falke debute.

Sedert Mei 2014 is Nina Schumann ʼn Yamaha International-kunstenaar.

Close Menu