Skip to main content

Prof Winfried Lüdemann

By September 15, 2016July 7th, 2018Uncategorized @af

wl@sun.ac.za

Winfried Lüdemann is `n Emeritus Professor in Musiekwetenskap, voormalige Voorsitter van die Departement Musiek en voormalige Visedekaan: Kunste in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.  Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat gegradueer en dit met verdere studies aan die Universiteit van Hamburg opgevolg. Hy was vir drie opeenvolgende termyne voorsitter van die Musiekwetenskapvereniging van Suidelike Afrika (1995 – 2002). In 2003 was hy as Besoekende Professor van die British Academy betrokke by die universiteite van Southampton en Cambridge. Sy navorsingsbelangstellings sentreer rondom Duitse musiek tussen die twee wêreldoorloë, musiekestetika, Suid-Afrikaanse musiek en musiek en evolusie. Hy het navorsingsreferate in Suid-Afrika, Duitsland, Engeland, Italië en Nederland gelewer. Publikasies sluit talle navorsingsartikels in Suid-Afrikaanse en Duitse vaktydskrifte in, sowel as die boek Hugo Distler. Eine musikalische Biographie (Augsburg 2002). In 2005 is erelidmaatskap van die Musiekwetenskapvereniging aan hom toegeken. Lüdemann is ook as komponis aktief.

Close Menu