Matie-stemme

US-leiers oor 100 jaar

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH-LEIERSKAP: 1918 – 2018


Die eerste uitvoerende hoof van die Universiteit het die amp van voorsitter van die Senaat beklee. Vir die eerste 17 jaar is die hoofde afwisselend voorsitter van die Senaat of rektor genoem, totdat die amp vanaf Januarie 1935 permanent as rektor bekend gestaan het. Vir die doeleindes van rekordhouding word die voorsitters van die Senaat ook as rektore gereken.

Vanaf 1918 tot 1981 was die amp van visekanselier losstaande van dié van rektor en is in dié tydperk van 64 jaar deur slegs vier persone beklee. In 1981 is die ampte van visekanselier en rektor aan dieselfde persoon toegeken. Prof Mike de Vries was die eerste persoon wat albei ampte gelyktydig beklee het.

Deur Prof Matilda Burden

- Deur Prof Matilda Burden -