Koste

Vir die huur van die fiets:

In totaal kos die huur van die Matie Fiets R2 800 per jaar of ’n gedeelte van die jaar. Dit sluit 'n terugbetaalbare deposito van R1 500 in. Betaling teen studenterekening is nie moontlik nie.


Gedurende die huurperiode:

  • Die fiets(e), tesame met ‘n slot en sleutels en enige ander toerusting wat gehuur word, is die eiendom van die US.
  • Enige uitgawes verbonde aan die instandhouding van die fiets, bv. die herstel van binnebande, is vir die huurder se rekening.
  • Indien ‘n fiets vir langer as 24 uur op ‘n onbewaakte plek gelos word en/of dit lyk asof die huurder nie die fiets gaan opeis nie, of indien die fiets iewers ongesluit gelaat word, mag die US die fiets verwyder en op ‘n veilige plek bewaar. ‘n Boete van R200 sal dan deur die huurder betaalbaar wees om weer toegang tot die fiets te verkry.
     

Aan die einde van die huurperiode:

  • 'n Deposito is vereis voordat die fiets(e) en toerusting gehuur kon word. Koste van herstelwerk van fiets(e), soos bepaal deur die fietswinkel wat die fiets nagegaan het (sien terugbesorgingsprosedures), sal van die deposito afgetrek word.
  • Indien die fiets teruggebring word na die einde van die verhuringsperiode of terugbesorgingsdatum wat op die kontrak aangedui is, sal ‘n boete van R200 gehef word.
  • Indien die fiets(e) en toerusting om enige rede nie terugbesorg word nie, sal die terugbetaalbare deposito verbeur word. Indien jy nie die fiets(e) en toerusting binne die tydsraamwerk soos in die kontrak bepaal word, terugbesorg nie, mag die US aanvaar dat die fiets(e) en toerusting verlore of gesteel is en alle nodige stappe doen om die verlies te verhaal.