Doen jou deel

Personeel en studente kan elkeen 'n bydrae lewer om energie te bespaar, al is dit hoe klein.

Hier is 'n paar wenke:

Maak seker elektroniese toestelle soos yskaste, rekenaars en drukkers voldoen aan die energiedoeltreffendheidvereistes (AAA-gradering).
Skakel jou skootrekenaar, drukker, skandeerder en ander soortgelyke toestelle af as jy dit nie gebruik nie.
Skakel die koordlose kapasiteit en Bluetooth van jou selfoon of rekenaar af as dit nie gebruik word nie om die battery se leeftyd te spaar. Koordlose toestelle gebruik meer energie as hulle voortdurend aansluitings soek.
Gebruik ketels net wanneer nodig.
Verwyder jou kragaansluitprop (bv. 'n selfoonlaaier) uit die muursok as jy dit nie gebruik nie. Dit verbruik energie as dit ingeprop is.
MOENIE PROPPE OORLAAI NIE!!!
Skakel ligte af wanneer jy 'n vertrek verlaat.
Maak indien moontlik van natuurlike daglig gebruik en moenie ligte onnodig aanskakel nie.
Klim eerder trappe as om hysers te gebruik
Gebruik minder warm water.