Saamryklubs

Stellenbosch, Tygerberg en Bellvillepark

Die druk op die verkeer in en op die kampus sal beslis afneem as mense van saamryklubs gebruik maak.


Saamryklubs en parkering

Daar is die volgende opsies:
1. Elke lid van die saamryklub doen afsonderlik aansoek vir toegang tot parkering:
  1.1 Elke lid ontvang 'n afsonderlike parkeerskyfie.
  1.2 Elke lid betaal die volle bedrag, afhangende van die soort parkeerplek (periferie, nie-gereserveerd of gereserveerd) wat aan hom/haar toegeken is.
 
2. Een van die saamryklub se lede doen namens die saamryklub aansoek vir toegang tot parkering op die sentrale kampus:
  2.1 Die lid dui op die aansoek aan dat meer as een parkeerskyfie benodig word.
  2.2 Die registrasienommers van al die lede se voertuie (tot 'n maksimum van 5) word op die parkeerskyfies gedruk (een skyfie per voertuig).
  2.3 Die koste vir die toegewysde parkeerplek word vanaf die betrokke personeellid se salaris verhaal of van die betrokke student se studenterekening.
  2.4 Die ander lede betaal hulle deel van die kostes direk aan die betrokke lid.
  2.5 Die saamryklub parkeer op die parkeerarea van die hoofaansoeker.
 
3. Een van die saamryklub se lede doen namens die saamryklub aansoek vir toegang tot parkering op die periferie:
  3.1 Die lid dui op die aansoek aan dat meer as een parkeerskyfie benodig word.
  3.2 Die registrasienommers van al die lede se voertuie (tot 'n maksimum van 5) word op die parkeerskyfies gedruk.
  3.3 Die koste vir die toegewysde parkeerplek word vanaf die betrokke personeellid se salaris verhaal of van die betrokke student se studenterekening.
  3.4 Die ander lede betaal hulle deel van die kostes direk aan die betrokke lid.
 
4. Al die saamryklublede maak gebruik van dieselfde parkeerarea: Een van die saamryklub se lede doen namens die saamryklub aansoek vir toegang tot parkering in die betrokke area.
  4.1 Die lid dui op die aansoek aan dat meer as een parkeerskyfie benodig word.
  4.2 Die registrasienommers van al die lede se voertuie (tot 'n maksimum van 5) word op die parkeerskyfies gedruk (een skyfie per voertuig).
  4.3 Die koste vir die toegewysde parkeerplek word vanaf die betrokke personeellid se salaris verhaal of van die betrokke student se studenterekening.
  4.4 Die ander lede betaal hulle deel van die kostes direk aan die betrokke lid.
  4.5 Die saamryklub parkeer op die parkeerarea van die hoofaansoeker.
  4.6 Sodra die toekenning afgehandel is, voltooi al die lede die aansoekvorm vir toegang tot addisionele volbome sodat almal se kaarte vir die betrokke valboom geaktiveer kan word.