Doen jou deel

Dit hang van elkeen van ons af hoe die aarde gaan lyk vir die generasies ná ons. Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen:

Moenie mors nie – nêrens nie. Jou afval maak dood.
Koop kos wat nie met gifstowwe en kunsmatige bemesting behandel is nie.
Koop vis en skulpvis wat volhoubaar ge-oes is. 80% van die wêreld se biodiverse organismes lewe in die see.
Koop hout en houtprodukte soos papier van volhoubare wettige bronne wat by die Forest Stewardship Council (FSC) geregistreer is.
Gebruik meer digitale mediums.
Gebruik 100% herwinde papier. Dít spaar 24 bome per ton nie-herwinde papier.
Plant 'n boom en skep 'n nalatenskap. Personeel en studente word aangemoedig om bome in plaaslike landskappe op kampus aan te plant.
Loop op aangewese voetpaadjies in bewaarde gebiede.
Plant 'n groentetuin.
Moenie alles wat kriewel en kruip met gif doodspuit nie – dit mag 'n moontlike toekomstige wonderkuur wees!
Help voorkom globale verwarming. Help stop groenhuisgasse deur minder energie te gebruik en deur minder kolstofdioksied te vervaardig weens motors se uitlaatgasse.
Lig jou gemeenskap in oor die waarde van lewende organismes.